Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.32 uit 5 gekry volgens 2877 resensies.
Stefan M. - 30th June 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Baie klein, maar baie spesiaal en heeltemal iets anders.
Erika K. - 30th June 2016
staying in Loerie, Oos-Kaap
Loerie is 'n klein dorpie en vol vriendelike mense. Daar is 'n pragtige kerk en die Bravo koffiewinkel is 'n moet, want dit voel soos huis. Jy gaan om lekker te gesels met Alet en om haar voortreflike kos te geniet en "crafts". Moenie net beplan vir vinnige koffie nie. As jy wil haastig wees gaan terug stad toe. Wou graag by die Loerie dam gaan rondkyk het, maar tyd het ons gevang omdat ek so lekker kon slaap. Die area het groot potensiaal, weet die nartjiefees is daar in Oktober. 'n Goeie tyd om weer daar te gaan inloer.
Machelle Z. - 30th June 2016
staying in Perridgevale, Oos-Kaap
Good value for money.
Izelle S. - 28th June 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Polka Restaurant is tops!
Rene M. - 27th June 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Sal graag weer die dorpie wil besoek! Dit was 'n ervaring gewees om in die klein kroegie te sit en rugby te kyk en 'n vuurtjie te stook saam die locals van die dorp! Hartsmense gewees!
Rene M. - 27th June 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Stunning plekkie.
Joanne S. - 25th June 2016
staying in Dordrecht, Oos-Kaap
Ons het die museum besoek en het gevind die inhoud en inligting is goed uitgestal. Indien jy belangstel in die boere oorlog en familie verbintenis het met die kontrei is dit jou bestemming. Die munisipaliteit was behulpsaam deur my agter-ouma se graf op te spoor.
Adele C. - 23rd June 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Die mense is baie vriendlik en behulpsaam. Ons het in die winter gaan kuier, maar ek dink die somer sal die beste tyd wees. Daar was 'n paar families van die Wes Rand in Johannesburg, wat 'n huis in Rhodes gehuur het vir 'n paar dae. Hulle sê die kinders geniet dit daar. Die dame by Walkabouts was so gesellig en vriendelik. Hulle pizza is yummy!
Frans L. - 23rd June 2016
staying in Humewood, Oos-Kaap
Sentraal geleë naby see en naby alles.
Dewald D. - 22nd June 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sentraal en stil! Fantasties om weg te breek!
Russell W. - 17th June 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
The owl house is all they focus on, which is the most depressing place in the Karoo, they really need to try focus on other elements. HIKING, WALKING, THE KOMPASS BERG/ FOOD and WINE.
Mathys D. - 15th June 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Meer mense moet die dorpie besoek.
Neels R. - 14th June 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Interessante bestemming.
Neels R. - 14th June 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Baie te leer en sien. Baie geskiedenis en interessante geboue. Gawe mense.
Lynette P. - 9th June 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Rhodes is a quaint historical town in a beautiful setting. It is just a bit sad that there are several houses for sale and some look quite run down. The residents seem to be trying to make improvements as they have developed a lovely park area and I would hope that others would catch their vision. One of those must see places.
Riaan V. - 8th June 2016
staying in Bunckersheuwel, Oos-Kaap
Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is.
Carel J J. - 6th June 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Gasvrye mense en plat op die aarde.
Ronel N. - 3rd June 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sal graag volgende keer langer wil vertoef.
Marilyn P. - 3rd June 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
A beautiful, friendly and clean town with much to offer.
Dirk B. - 2nd June 2016
staying in Krakeelriver, Oos-Kaap
Pragtige wêreld, rustig en ontspannend!
Melissa B. - 1st June 2016
staying in Joubertina, Oos-Kaap
Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!
Francois B. - 29th May 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Rustige plattelandse dorpie. Ons kon lekker rondstap.
Dawie V. - 28th May 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock is 'n pragtige dorp, met die mooiste ou geboue. Beslis iets om te waardeer.
Pieter R. - 28th May 2016
staying in Aberdeen, Oos-Kaap
Rustig plek en vriendelik dorp. Sal weer kom oornag.
Johan D. - 26th May 2016
staying in Maclear, Oos-Kaap
Pragtige omgewing en van die mooiste bergpasse in SA.
Maurits P. - 25th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ek en my vrou, nadat ons in 'n paar dorpe oorgebly het oor drie weke tydperk, was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Die dorp is netjies en het baie besighede vir jou behoeftes. Dit is 'n pragtige dorp met die mooi ligging. Dit skep net 'n goeie indruk.
Laurie B. - 23rd May 2016
staying in Maclear, Oos-Kaap
Besondere mooi omgewing!
Sandra C. - 21st May 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Oulike plek.
Peter B. - 19th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Lekker geskiedkundig.
Monika L. - 18th May 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
Baie behulpsame en vriendelike "pub" eienaar! Rustig en mooi.
Flora V. - 17th May 2016
staying in Maclear, Oos-Kaap
We cannot comment on Maclear as a tourist destination because we arrived in the evening when it was dark. However, the area we drove through the following morning was quite beautiful and we intend on returning to Maclear soon to explore it further.
Lourens En Elizabeth D. - 15th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend.
Hendrik S. - 13th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Mooi dorp met baie geskiedenis. Was jammerte dat die 1ste kruising bemors was maar die res van die dorp was skoon. Kerke en ou geboue lyk of dit nog in stand gehou word. Die monumente kort aandag.
Koos J. - 11th May 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Die nabygeleë Mountain Zebra Nasionale Park is beslis 'n besoek werd!
Don W. - 9th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sou graag langer wou gebly het om die dorp nader te kan bekyk.
Karin C. - 9th May 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Vreeslike interessante dorpie met soveel potensiaal.
Sunita H. - 8th May 2016
staying in Addo, Oos-Kaap
Ons was baie verras oor die rustige omgewing en die vriendelike mense.
Eileen D. - 6th May 2016
staying in Lorraine, Oos-Kaap
Baie mooi plek. Rustig. Bietjie ver van alles maar dit was nie moeilik om by plekke uit te kom nie.
Louie V. - 5th May 2016
staying in Grahamstad, Oos-Kaap
Kan lekker koel raak hier - pak maar 'n warm dingetjie in.
Guilio D. - 5th May 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock is great.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za