Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1068 resensies.
"Daar is so baie dinge om en in Oudtshoorn om te doen waarvan ons nie eers geweet het tot ons daar gekom het en ander mense ons van vertel het nie. Oudtshoorn is regtig een van daardie plekke waar oud en jonk vermaak kan word."
"Aangesien my man daar groot geword het, ervaar ons dit ongelukkig nie heeltamal as n toerismebestemming nie - kom kuier gewoonlik by die familie. Maar op die oog af, is daar heelwat om te doen uit n toerisme-oogpunt - Om Oppidam alleen is daar genoeg doen-dinge vir 'n hele naweek!"
"Die dorp verdien 'n bietjie aandag en ek hoop dat die huidige munisipaliteit werk hiervan sal maak."
"Die beste, fantastiese dorp in die hele land. Asook die skoonste met besienswaardighede om jou die hele jaar besig te hou tussen die berge en by die see."
"Oudtshoorn is verbasend baie goed ingerig as toerismebestemming. Was baie jare gelede daar; met ons onlangse besoek was ek baie in my noppies met Oudtshoorn. Sal ons beslis weer sien, nie net vir die KKNK nie maar sommer vir 'n oorbly of selfs langer vakansie."
"Baie plekke om te besoek nie ver uitmekaar uit nie. Krokodilplaas was baie pret."
"Oudtshoorn is definitief 'n dorp wat baie verskillende aantrekkingspunte het. Ek het by 'n baie goeie restaurant "Black Swan" geëet en dit regtig geniet. Diens en disse was baie goed. Sal definitief in die toekoms my kliënte daarna neem, maar sal definitief vir beter akkommodasie soek."
"Dit is altyd lekker daar. Die weer is goed en daar is soveel om te doen en te sien en 'n mens kan kies en keur uit die verskeidenheid restaurante."
"The town has really grown in the years since we have last visited and everywhere looked neat."
"Baie goed. Het Latana-kaasplaas besoek en hulle het heerlike kaas. Uitstekende gidse by Kango-grotte en ook by Cango Wildlife Range."
"Restaurante bied nie 'craft beer' nie en daar is 'n paar goeie brouerye in die omtrek."
"It was a wonderful stay but it is also so easy to get sucked into all the activities on offer. However, once sucked in, it was enjoyable with enough of a memory to make it all worthwhile."
"Leuk plaatsje, prachtige omgeving en een aantal leuke dingen om te ondernemen. Mijn persoonlijke favoriet: de stokstaartjes! Maar ook de Swartbergpas, de struisvogelfarm en de Cangogrotten zijn een bezoek meer dan waard."