Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1702 resensies.
"Dit sal help as daar meer ATM's beskikbaar is, wat ook gereeld gediens word. 'n Ekstra een of twee Superette wat oop is tot en met 20:00 sal goed wees."
"Did not feel safe driving around to enjoy all the scenery as we were bothered every 5 minutes by someone selling crayfish and shell hearts."
"Net die mense wat bedel vir kos en dan die en dat aan jou will verkoop. Ek sal sê hulle moet daardie element daar uithou en dalk sal dit 'n 5 ster-plek wees."
"Ideale toeristebestemming vir oud en jonk, die straatsmouse kan net bietjie te veel raak met hul alewige goed wat hulle aan jou wil verkwansel."
"Tydens ons verblyf was daar heelwat dooie diere op die strand, onder andere dooie seemeeue, robbe en selfs 'n bokkie. Die feit dat dit daar gebly het en nie opgetel/skoongemaak is vir meer as 4 dae wat ons daar was is onaanvaarbaar. Ons het met "e-bikes" van Paternoster tot by die ligtoring by Tietiesbaai gery - wat 'n belewenis en baie pret met die mooiste natuurskoon."
"It is sad that the locals are becoming progressively more insistent in attempting to sell their wares and/or beg."
"Pragtige vissersdorpie - die winkels (behalwe die Algemene Handelaar) is buitensporig duur. Dis jammer."
"Paternoster is seker een van die mooiste en karaktervolle plekkies in die land. 'n Absolute moet besoek aan die Weskus."
"Pragtige kusdorpie met sy interessante klein winkels en lekker restaurante. Gesmul aan seekosse. Die pragtige strand met sy wit sand geniet."
"Many restaurants to choose from and the people are so very friendly wherever you go. An absolutely wonderful village."
"Soos die Engelse sê: 'n bit overrated maar nog tans 'n besoek werd. Ons was gelukkig om skole vol walvisse wat in die baai baljaar te sien."
"Ons is mal oor Paternoster. Die dorpie het regtig my verwagtinge oortref. Soveel restaurante en oulike winkeltjies. Ons het tot 'n kleipotmaak-klas gedoen. Kinders het dit so geniet. Sal beslis weer Paternoster toe gaan."