Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6799 resensies.
Marais C. - 23rd February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Lekker toeristedorpie met genoeg winkels, galerye, restaurante en natuurskoon om van te kies.
Verushka D. - 23rd February 2017
staying in Dagbreek, Vrystaat
The destination is not all that great, but once you get to know the place and find out where everything is. It is quite easy to adapt. Everyone in the neighbourhood is friendly and eager go help. Having a car is a great benefit when staying in Dagbreek.
Riana N. - 23rd February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Oulike plekkies wat 'n mens graag net een maal besoek, nie regtig baie aktiwiteite behalwe kuier in koffiehuise en winkeltjies nie.
Elsje M. - 23rd February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Baie oulike dorpie. Baie besig met aktiwiteite oor naweke. Die avontuurlustige sal iets daar kry om te doen.
Peet G. - 21st February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens kort 'n ordentlike supermark. Dis nie almal wat elke dag wil uiteet nie. Maar die verskeidenheid winkels het opgemaak daarvoor, veral die bakkery en die klein slaghuis wat ons nie geweet het daar is nie.
Imogen V. - 19th February 2017
staying in Fleurdal, Vrystaat
Waarde vir geld en maklik om te kry.
Gideon V. - 17th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Alles was aangenaam.
Johannes V. - 17th February 2017
staying in Zastron, Vrystaat
Die dorpie is klein, maar het alles wat 'n mens benodig.
Sienie D. - 16th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Maklik een van die mooiste en lekkerste plekke waar ek al was.
Deon C. - 16th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Awesome.
Scott D. - 16th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Parys is a great little town to get away from the city for a couple of days, peace and quiet. Nice and close to Johannesburg with loads to do out and about!
Jacques M. - 16th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Ongelooflik mooi.
Elize K. - 16th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Ons was net buite die dorp waarvoor ons baie dankbaar was. Clarens se dorp self is baie besig.
Bettie B. - 16th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Daar is heelwat te doen in Parys self. Ons het by O's gaan aandete eet en ek kan dit enige tyd met geruste hart aanbeveel. Die kos en diens was uit die boonste rakke. Ons het The Dell Cheetah Centre ook besoek en was dit ook `n baie aangename en interessante ondervinding. Sal dit ook aanbeveel. The Dog and Fig Pub and Grill was ook `n goeie ondervinding en sal ons weer daar besoek aflê.
Otto N. - 16th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Mooi dorpie met baie nice winkels om in te snuffel.
Marianne V. - 16th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Jammer dat ons dieselfde naweek daar was as die Harley Davidson-byeenkoms. Dit was 'n kakofonie van lawaai. Ons het gewonder of 'n droomdorpie soos Clarens werklik kan bekostig om nie-Harley besoekers daaraan bloot te stel. Ons lief die plek, maar dit het ongelukkig afbreek gedoen aan wat 'n rustige, stil verblyf moes wees.
Madeleine K. - 16th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Parys word ongelukkig bemark vir die oorsese mark. Die plekkies is baie duur.
Donovan S. - 15th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Parys is goed geleë en daar is baie sienswaardighede ... alles is om jou en jy het nie nodig om ure te ry om daar uit te kom nie. Ek dink net dat die boeregemeenskap 'n bietjie meer by die ekonomiese welstand van die dorpie betrek moet word soos bv. by boeremarkte.
Russell D. - 10th February 2017
staying in Ladybrand, Vrystaat
Daar is 'n paar dinge om te doen rondom Ladybrand. Die dorp se systrate is ongelukkig vol slaggate.
Annelie L. - 9th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
'Shop' altyd lekker daar.
Paul V. - 9th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Uitstekende naweekbestemming.
Paul D. - 9th February 2017
staying in Bethlehem, Vrystaat
Ons is van die Oosrand en ek was bietjie geskok toe ek besef dat al die winkels, selfs in die mall teen 5 uur op 'n Saterdagmiddag toegemaak het. Kon nie eers 'n restaurant kry om by te eet nie.
Paul B. - 9th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Van die eetplekke en winkels is bietjie laf met hul eetgoedjies en duur suikerwinkel! Maar dit is steeds 'n lekker plekkie met unieke kultuur en interessanthede. Ook net 'n entjie van Johannesburg af.
Peet G. - 9th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Baie bly om te sien dat van die strate darem nou reg gemaak word!
Dewald V. - 9th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Love love love! Clarens is een van die beste plekke in Suid Afrika!
Karen D. - 8th February 2017
staying in Bloemfontein, Vrystaat
We go to Bloem for business and shopping.
Jan J. - 7th February 2017
staying in Kroonstad, Vrystaat
Aangename uitspanplek.
Nico B. - 6th February 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Goed geleë!
Jan E. - 6th February 2017
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Dit is 'n stil en rustige voorstad met ruim strate en die straatname is goed aangedui.
Fanie B. - 2nd February 2017
staying in Frankfort, Vrystaat
Daar is interessante restaurante.
Lenore L. - 2nd February 2017
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Het in Dan Pienaar grootgeword en is al 30 jaar in Pretoria. Nog net so aangenaam.
Rene S. - 2nd February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Die paaie is baie sleg, maar 'n heerlike rustige plek waar 'n mens lekker in die straat kan loop waar al die antieke winkels is. Ons het dit baie geniet. baie dankie.
Monika R. - 1st February 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Dit sou wonderlik gewees het om voor die tyd meer te geweet het van Bethulie se besieningswaardighede sodat ons tyd kon inruim om bietjie langer oor te bly en nog meer te kon sien. Aan die anderkant miskien kan ons nou 'n tweede keer daar 'n draai gaan maak.
Karien S. - 1st February 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Dit is 'n ou, rustige woonbuurt, naby die universiteit en middestad, maar myns insiens nie 'n toeriste-aantreklikheid of -bestemming nie. Wel baie gerieflik vir oornag- of kort verblyf.
Jaco Z. - 1st February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens as dorpie is uitsonderlik spesiaal met 'n baie aangename rustige atmosfeer. Die omgewing is baie mooi. Ons is deur Golden Gate NP terug en alles was groen na die goeie reën.
Solize K. - 1st February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is voorwaar baie lekker daar. Ek kan dit met 'n geruste hart aanbeveel.
Mj S. - 31st January 2017
staying in Waverley, Vrystaat
Sentraal met betrekking tot die res van die stad.
Hugo G. - 31st January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
A friendly cosy little town, with lots of ease and tough outdoor activities. A good choice of restaurants and many interesting shops and art galleries.
Corrie V. - 30th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Dit was vir ons baie aangenaam, maar die pryse van veral die antieke winkels was vir ons skokkend hoog. Jammer ook dat omtrent al die winkels om 4 nm toemaak en eers 9 uur in die oggende eers oopmaak. Ons het laat daar aangekom en moes vroeg die volgende oggend weer ry. Ons sou graag nog 'n paar winkels wou besoek maar kon nie tot 9 uur wag nie.
Arista B. - 27th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]