Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 5875 resensies.
Ashe T. - 7th January 2016
staying in Waverley, Vrystaat
Brilliant suburb.
Karl V. - 7th January 2016
staying in Vrystaat
Baie droog en arme mense kort almal reën. Vrystaat is soos res van ons land pragtig.
Francoise P. - 7th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is 'n pragtige dorpie, met vriendelike inwoners. Dit is die enigste plek wat ek nog gesien het, waar die mense water bakke buite los vir dors honde! Die gesnuffel in die winkels weeg net baie swaar op jou beursie! Sal beslis weer gaan.
Ingrid P. - 7th January 2016
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Lekker area.
Elmien V. - 7th January 2016
staying in Parys, Vrystaat
Vreeslike oulike dorp, heerlike plekkies om in rond te loop.
Riku W. - 7th January 2016
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Dis goeie stopplek naby die snelweg. Baie eetplekke in die nabyheid.
Quintin T. - 7th January 2016
staying in Park West, Vrystaat
Great.
Zane M. - 6th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorp, baie rustig met lekker eetplekke en baie dinge om te sien. Die omgewing is awemrowend om deur te ry. Ons sal beslis weeer en weer Clarens besoek.
Almari S. - 6th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Ek wil hier aftree en begin skilder.
Joanita V. - 6th January 2016
staying in Parys, Vrystaat
Wegbreek van al die geraas en besige lewe - Parys is die antwoord!
Neels R. - 6th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is net eenvoudig uniek met baie om te sien en te doen, dis lekker vir 'n langnaweek wegbreek en ontspan.
Jorika V. - 5th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens will always be any creative person's dream come true!
Nicolette G. - 5th January 2016
staying in Parys, Vrystaat
As jy hou van antieke goedere en handgemaakte produkte en plaaservaringe is hierdie die plek vir jou.
Chantelle L. - 5th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Awesome WOW!
Marius S. - 5th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Bly een van my gunstelinge. Art Cafe is tops.
Rina M. - 5th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel.
Linda S. - 5th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Very good for the soul!
Christien H. - 5th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Ons is mal oor Clarens!
Gillian S. - 4th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Worth a visit, beautiful views and scenery.
Ca K. - 4th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Was voorheen daar, sal weer gaan.
Gerda D. - 4th January 2016
staying in Universitas, Vrystaat
Naby alle besienswaardighede en inkopiesentrums.
Annali B. - 4th January 2016
staying in Vrystaat
Ek hou so baie van die Vrystaat: moenie my vra nie. Veral die Oos-Vrystaat (Vrede-Harrismith) en Suid-Vrystaat (Philippolis en omstreke). Oos-Vrystaat is gewoonlik groen en die sterre is reg bokant jou kop in die Suid-Vrystaat. Bothaville en omstreke (Noordwes-Vrystaat) kan bietjie aan daardie deel se beeld werk. Ons het daardeur gery en die Vredefort-koepel area was swak aangedui en bemark.
Charles U. - 4th January 2016
staying in Parys, Vrystaat
Baie mooi dorp en baie gasvrye mense. Sal enige tyd weer teruggaan vir shopping.
Johan F. - 4th January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige omgewing.
P Oosthuizen V. - 4th January 2016
staying in Trompsburg, Vrystaat
Ongelukkig was die aankoms skemertyd en weer vroeg vertrek, maar dit wat ons gesien het die volgende oggend dit is skoon netjiese dorpie wat ek van baie ander plekke nie mee kan vergelyk nie.
Wouter K. - 4th January 2016
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Rustige en stil buurt.
Harry D. - 4th January 2016
staying in Heuwelsig, Vrystaat
Een van die skoon woonbuurte in Bloemfontein.
Marianna V. - 3rd January 2016
staying in Trompsburg, Vrystaat
Dit is 'n baie klein plekkie.
Boet T. - 2nd January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp.
Madeleine S. - 2nd January 2016
staying in Universitas, Vrystaat
Dis lekker naby die snelweg vir 'n oorslaap.
Claire L. - 2nd January 2016
staying in Philippolis, Vrystaat
If the few people I have met in Philippolis are a reflection of all of the residents, then this is a very special town.
Mariana V. - 2nd January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik.
Johan L. - 1st January 2016
staying in Parys, Vrystaat
Besoek die streek gereeld, waneer ek en my vrou wil wegbreek.
Maggie S. - 1st January 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens kort 'n behoorlike inligtingsburo. Pryse is buitengewoon HOOG. Die ou poskantoor was die allerlekkerste plek om te ontdek!
Emile C. - 1st January 2016
staying in Ladybrand, Vrystaat
Ladybrand moet so vinnig as moontlik hul skouers optrek met hul historiese erfenis. Die museum se saga is iets vir die dorp om hulself te skaam.
Tim V. - 31st December 2015
staying in Kroonstad, Vrystaat
Die paaie in die dorp kort aandag.
Ian F. - 31st December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is a beautiful, clean, arty and welcoming town, we certainly will return.
Isak D. - 31st December 2015
staying in Parys, Vrystaat
Parys is 'n mooi dorp.
Mthunzi D. - 31st December 2015
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Nice and quiet place if you want to have peace of mind.
Estelle K. - 31st December 2015
staying in Clarens, Vrystaat
Dit bly 'n puik bestemming, veral as jy wil rus en die natuur asook kuns waardeer. Ons sal beslis weer gaan!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za