Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Die SAP Museum is 'n besliste moet, asook die 2 ou kerke. Die dorpie is ryk aan interessante geskiedenis en beslis die moeite werd om te besoek."
"Dis een van die oulikste dorpies in Suid-Afrika, word hoogs aanbeveel. Prentjiemooi tussen die berge. Interessante winkeltjies en restaurante."
"Was teleurgesteld in die omgewing op pad na Nightingale. Al die tuine was toegegroei onder gras en onkruid. Paaie se middelmanne bebos. Duidelik dat munisipaliteit lankal nie meer die pragtige stad van Bloemfontein in stand hou nie."
"Bloemfontein het baie agteruitgegaan, met die basiese dienste wat nie toegepas en uitgevoer word nie."
"Clarens sal altyd baie spesiaal wees en daar sal nog baie besoeke in die toekoms wees."
"Geniet die dorp elke keer, lekker om daar rond te loop, jammer om te sien dat van die plekkies gesluit het maar hoop alles sal weer optel en kan voortgaan."
"Baie gerieflik geleë halfpad tussen Mosselbaai en Pretoria, naby aan die hoofpad."
"Clarens bly maar 'n mooi dorpie met goeie winkels om in rond te snuffel, enige vrou se droom."
"Fouriesburg omgewing is 'n goeie bestemming om die omliggende berge te verken, staproetes te doen, bergfiets en trailrunning. Die dorp het 'n paar oulike winkeltjies."
"Affi Plaas Restaurant ideale eetplek. Baie vriendelike eienaars en personeel. Flinke diens en baie smaakvolle kos."
"Baie mooi, as jy die regte blyplek kry in die dorp teen die berge en met die regte advertensie en uitsig."
"This is a must-stay if you are driving from CPT to Pretoria. We were greeted by the friendliest hosts and we had an amazing evening at the restaurant. I will recommend Philippolis Hotel to anyone from families with young children to large groups of friends."
"Smithfield is meer 'n oornagplekkie. Daar is nie baie te doen nie, maar dis ook nie hoekom mens soontoe gaan nie. Dis ideaal vir oornagreisigers wat 'n rustige, stil omgewing soek om te ontspan en rus voor nog 'n dag se reis."
"Clarens is kos vir enige siel. Clarens sy berge, mense en atmosfeer. Is my happy place. "
"Sowaar die Vrystaat se juweel. Soveel om te sien en te doen. Die dorpie self het natuurlik daardie nostalgiese winkeltjies en restaurante waarvoor hulle bekend is en wat iets vir almal bied. Omring met die pragtige Maluti bergreeks vir die natuurliefhebbers en fotograwe. Maar dan is daar ook die wynplaas waar jy kan wynproe en koop asof jy al die pad Kaap toe gery het. "
"Die paaie is nie in goeie toestand vanaf Bethlehem na Fouriesburg nie. Die pad vanaf Clarens is baie beter. County Inn se kos is heerlik, so ook die Plaasstoep. Pad tussen Fouriesburg en Ficksburg is in haglike toestand."
"Nie vir toerisme nie, maar definitief groot potentiële oornag verblyf dorpie."
"Rustige klein dorpie, ons het heerlike aandete en ontbyt gekry by Tromp-Op Boerekos Kombuis Restaurant op die dorp."
"Interesting memorials about the Anglo-Boer War and spectacular views of the Orange River from the bridge."