Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7904 reviews.
"By dorp se ingang kan parkgras gesny word, slegte oog. Die paaie is baie sleg (potholes), vuil in die dorp en pad wat na Ben Nevis toe loop (hoofpad), baie papiere en vee wat pad kruis na willekeur. Mense sit in die dorp rond vir kwaadgeld. "
"Ek het die kunsgalerye baie geniet. Daar is 2 wat uitstekende kuns uitstal. Dis 'n pragtige skilderagtige dorpie waarin mens ten volle kan ontspan en dit bied goeie restaurante en geriewe. "
"Die dorp is verwaarloos. Ek was met heimwee vervul om al die ou huisies so vervalle te sien. Dit was goeie fotomateriaal! Die ligging aan die hoofpad maak dit ideale oorslaapplek. "
"Plattelandse dorpies het hul eie bekoring. Gaan krap en loop rond in al die winkeltjies en omgewing. Soek en jy sal iets vind wat jou laat tiek."
"Baie lekker rondgeloop in Clarens, al die winkeltjies deur van voor tot agter. Baie besig gewees, veral sekere van die eetplekke, maar dit het ons nie afgesit nie."
"Pragtige, rustige dorpie. Van die besighede sluit te vroeg. Sommiges is al 15:00 gesluit. Gewoond in die stad is besigheidsure ten minste tot 17:00."
"Romantiese dorpie met 'n unieke bekoring. Ideaal vir 'n naweek-wegbreek. Die locals is gaaf en vriendelik. Die atmosfeer is awesome!"
"Unfortunately the road signage in Heilbron was rather poor at the time of visit. Had to request directions a few times."
"As jy studente besoek by Kovsies is dit 'n veilige woonbuurt naby dit wat jy benodig."