Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7904 reviews.
"Oor die algemeen dink ek die ekonomie speel tans 'n groot rol in die omgewing se ontwikkeling."
"Sentraal geleë. Abiento het die vermoë om jou te laat voel of jy in 'n rykmansbuurt woon."
"Bethulie word al hoe meer ontdek en beset met nuwe inwoners. Dis in teenstelling met die agteruitgang van baie ander dorpies in die omgewing."
"Hiking was great! We hiked a half-day in Golden Gates from Glen Reenen, then to Cathedral Cave in Golden Gates from Gladstone (Stables), and also in the Clarens conservancy in Clarens - great views. Lunch and live music at Artichoke restaurant in the warm afternoon sun was amazing, but the cheese platter for two was only enough for 1 person. Cheese and cold meat platter at Clarens Brewery was great."
"Rustige voorstedelike woongebied en die ligging hang mos maar af van waar jy wil wees. Straat name is lekker duidelik."
"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie wat sy eie bekoring inhou. Die restaurante en winkeltjies kan mens vir ure besig hou en Golden Gate is nie ver daarvandaan nie."
"Baie mooi Oos-Vrystaatse dorpie met beautiful natuur rondom. Verder ook heerlike restaurante en interresante winkels."
"Wat opvallend was, baie skoon, geen papiere en vullis wat rondlê nie. Almal is vriendelik, Geen bedelaars in die strate nie. Baie veilig en 'n lekker atmosfeer."
"Mooi, maar onnodig duur. Daar is wel 'n paar oulike winkeltjies en 'n goeie bakkery."
"Pragtige kunstenaarsdorpie met die oulikste winkeltjies en restaurante. Sou graag langer daar wou oorbly."