Geverifieerde Resensie

Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.

Bloemfontein, Vrystaat

No 7 GA Watermeyer

"Vir ons was dit redelik hartseer, ons is aanvanklik van Bloemfontein en het so 20 jaar terug Kaap toe getrek. Die stad het verskriklik agteruit gegaan. Paaie is in 'n swak toestand (Geen sperstrepe eers in die hoofstrate nie - CBD) Vervalle geboue en tuine. Oor die algemeen is die stad vuil. Hartseer om te weet dis was eens die Stad van Rose genoem - want nou is dit net dorings..."

Clarens, Vrystaat

La Bri

"Clarens is die dorpie waar mens gaan rus van die gejaag van die stadslewe."

Bethlehem, Vrystaat

Gemsbok Cottage

"Die verskil tussen jare terug en nou het astronomies verswak. Ons weet dis die munisipaliteite regoor Suid Afrika. Maar sal altyd lief bly vir Bethlehem."

Bloemfontein, Vrystaat

Blue Crane Guest House

"Bloemfontein is definitely not a tourist destination."

Bothaville, Vrystaat

Shadows Gastehuis

"Die pad na Bothaville van Hoopstad af is onsettend lelik het meeste van die tyd op die grond langs die pad gery. Sal dit nie aanbeveel as jy nie 'n 4X4-voertuig het nie."

Fouriesburg, Vrystaat

Cherry House

"Dis 'n klein toeristedorpie. Wees voorbereid want die dorp maak vroeg toe. Klein winkels wat die nodige voorsien. Vat maar 'n dik beursie saam."

Senekal, Vrystaat

Senekal Self-Catering Accommodation

"Senekal het 'n versteende boomstomp-kerkheining en AD Keet Huis om te besoek. Die dorp is netjies met goeie besighede. Ook goeie oornag op pad see toe."

Clarens, Vrystaat

Knock Out View

"Ons gaan al vir die afgelope 12 jaar, gewoonlik 2 keer per jaar, na Clarens vir 'n wegbreeknaweek. Die waarde vir geld, netheid en rustige atmosfeer maak Clarens 'n heerlike plek. Maak nie saak watter seisoen jy gaan nie, dit bly altyd lekker."

Clarens, Vrystaat

Rooikat Cottage

"Ek is baie beïndruk elke keer met die netheid en vriendelikheid van die dorp. Nog met elke event wat ons bygewoon het, uitmundende diens en perfekte organisasie van die events."

Clarens, Vrystaat

Andes Clarens Guesthouse

"Benewens die skoonheid van die omliggende berge, is die dorpie se atmosfeer en winkels vrolik en interessant."

Bloemfontein, Vrystaat

Villa Vredenrust

"Interessante museums en Oliewenhuis-kunsgalery."

Clarens, Vrystaat

Stonehaven Clarens

"Fantastiese dorpie, met klomp oulike winkeltjies, restaurante en hope voetslaanroetes."

Clarens, Vrystaat

Gayle's Place

"Pragtige dorpie, rus vir die siel!"

Clarens, Vrystaat

Villa 176 @ Clarens

"Lekker wegbreek vir 'n naweek. "

Clarens, Vrystaat

Clarens Mountain Sage Self-care

"One of my favourite places to visit. Beautiful town, with plenty hiking routes. So close to Golden Gate."

Clarens, Vrystaat

Clarens Retreat

"Clarens is inderdaad die juweel van die Vrystaat. Natuurskatte orals te vinde as jy braaf genoeg is om jou stapskoene vuil te maak."

Bloemfontein, Vrystaat

Klipkappertjie

"Lekker parkrun gedoen die Saterdagoggend. Bloem is 'n lekker oornagstad met baie goeie restaurante."

Winburg, Vrystaat

Boschrand Lodge

"A convenient stopover for those travelling by road from Cape Town. Approx 11 hours on the N1 North."

Bloemfontein, Vrystaat

Blue Rain Guesthouse

"Lekker stad, goeie restaurante en altyd 'n plesier om daar te wees."

Rosendal, Vrystaat

Witteberg Cabin

"Rosendal is pragtig en rustig."

Clarens, Vrystaat

The Nelsbells Cottage

"Heerlike en pragtige dorpie. Natuurskoon asemrowend."

Bloemfontein, Vrystaat

Lekker Rus

"Ek was op Bloemfontein in die vroeë 80's as student so dit het baie verander. Ons sal graag wil kom besoek om die stad te verken oor 'n paar dae."

Bloemfontein, Vrystaat

Stay @ 126

"Dan Pienaar-area is 'n baie goeie area."

Clarens, Vrystaat

Bikiberg

"Naby, skoon heerlike wegbreek, lekker kuier en eetplekke-uniek!"

Bloemfontein, Vrystaat

Villa Rose Cottages

"As die munisipaliteit hulle deel doen sal Bloemfontein beslis meer toeriste lok."

Clarens, Vrystaat

Clarens River Cottage

"Jy kan net vir 'n naweek wegbreek of vir 'n langer tydperk gemaklik daar bly."

Clarens, Vrystaat

Arundel Studios

"Ons is baie lief vir Clarens, met sy winkeltjies en restaurante. The Square restaurant is puik en hul koffie en kos heerlik. Ons gaan gereeld Clarens toe om net te herlaai en te rus."

Bloemfontein, Vrystaat

Cottages @ Moffett

"Even the taxi service was tops, no complains."

Blad
Blad 50 - Wys 1471 tot 1500
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang