Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 4238 resensies.
David V. - 25th August 2016
staying in Vrystaat
Dit was winter en koud maar dis nie die Vrystaat se skuld nie.
Chris B. - 25th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Beslis die moeite werd - daar is baie om te doen, en die eetplekke en winkeltjies was goed. Ons sal verseker weer Clarens besoek. Dis rustig, lekker atmosfeer en 'n goeie breek om uit die stad uit te kom.
Jan C. - 24th August 2016
staying in Westdene, Vrystaat
Daar is 'n hele paar gawe eetplekke in Westdene.
Christine L. - 24th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie meer verwag. Buitensporig duur en diens in al die toeristewinkeltjies nie altyd goed nie. Matteplek baie goed en uitstekende waarde vir geld.
Marie-lou E. - 24th August 2016
staying in Brandwag, Vrystaat
Baie goeie dorp. Alles is naby aan mekaar geleë.
Brechtje G. - 24th August 2016
staying in Bethlehem, Vrystaat
Sal Bethlehem weer in die toekoms besoek en meer tyd spandeer.
Retha B. - 20th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi en oulike plek.
Johanna H. - 19th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n paradys met ongelooflike mooi natuurtonele.
Martha V. - 18th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is die mooiste plek en die berge is fenomenaal mooi. Ek sal weer teruggaan!
Isabella D. - 18th August 2016
staying in Harrismith, Vrystaat
'n Pragtige dorp wat afgeskeep word.
Ramona K. - 18th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Oulike eetplekke soos Clementines, die Duitse Restaurant en die Brouery is 'n moet vir mense om heen te gaan.
Hannelie P. - 18th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n fantastiese toeristebestemming!
Jacques H. - 17th August 2016
staying in Universitas, Vrystaat
Veilige omgewing en vriendelike mense.
Johan V. - 16th August 2016
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Dit is koud moenie in die winter gaan nie, mense is nice...
Caroline R. - 16th August 2016
staying in Panorama, Vrystaat
Ou gevestigde area met groot huise (wat mense gebou het toe daar nog geld was!) wat hulle tot gastehuise leen.
Majella V. - 15th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Supermark vat nie kaart betalings & ATM was 2 dae aflyn. Alle ander shops het kaart gevat.
Adele V. - 15th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Ons gaan altyd terug Clarens toe. Ons is mal oor 'vibe'!
Nico E. - 15th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Ons ondervinding was dat alles te duur is.
Oredus M. - 15th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Langer as 'n naweek kan vervelig raak.
Elna B. - 15th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n wonderlike naweek-wegbreekplek.
Elsie V. - 14th August 2016
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Die Spur in Nelson Mandela drive! Bloemfontein het die beste diens en waarde vir geld!
Ben P. - 13th August 2016
staying in Bothaville, Vrystaat
Bothaville is die mieliehoofstad van SA. Lekker woonplek vir die NAMPO skougangers.
So-aney M. - 13th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie met mooiste winkeltjies.
Elaine V. - 12th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie om te sien in Clarens!
Karin F. - 11th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie interessant, maar restaurante baie besig. Moet vooraf bespreek.
Magda M. - 11th August 2016
staying in Bethlehem, Vrystaat
Goedkoper om daar te bly asook makliker om plek te kry en naby Clarens, Fouriesburg ens. Baie besienswaardighede rondom. Baie sentraal.
Roxanne W. - 11th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is really beautiful and the true gem of the Free State - the people are so friendly and there is so much to see and do in this "little" town. A weekend is just not long enough - so make sure you have an extended stay so that you can get the most out of your visit.
Izenka P. - 11th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Dis 'n baie mooi dorpie ... net besig gewees.
Arnold S. - 10th August 2016
staying in Universitas, Vrystaat
Moeilik om jou rigting te vind. Uitleg is nie baie toeristevriendelik nie.
Danie B. - 10th August 2016
staying in Bethlehem, Vrystaat
Naby alles (Clarens en Golden Gate) en vriendelike plek.
Ingrid D. - 5th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Ons kan nie genoeg na Clarens toe wegbreek nie. Dis 'n ervaring wat nie regtig beskryf kan word nie!
Charmaine G. - 4th August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Daar is soveel plekke om te besoek, voel veilig om selfs in die aand daar rond te loop. Sal enige tyd weer terug gaan.
Leandra H. - 4th August 2016
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Lekker plek
Belinda . - 3rd August 2016
staying in Bethulie, Vrystaat
Bethulie is 'n dorp vol ryk geskiedenis en interessante inwoners. 'n Bestemming vir reisigers wat belangstel in die verlede en kleurryke mense.
Nokka F. - 3rd August 2016
staying in Harrismith, Vrystaat
Harrismith het heelwat om te bied ... baie eetplekke ook.
Ronel G. - 3rd August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi en interessante plek. Sal dit weer besoek.
Andre V. - 3rd August 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Bietjie commercial. Goeie nuwe German Restaurant.
Esta D. - 2nd August 2016
staying in Brandwag, Vrystaat
We didn't even hear a single motor car! Very quiet.
Andries B. - 31st July 2016
staying in Harrismith, Vrystaat
Harrismith is an awesome overnight stop when traveling. There is much to see and do in Harrismith.
Reg B. - 30th July 2016
staying in Rosendal, Vrystaat
Dit is 'n baie interessante dorp met mooi sandsteenhuise en ook twee pragtige moderne huise. Die dorpie is maar klein en het net een teerstraat, maar dit skep 'n rustige atmosfeer waar mens lekker kan bly.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za