Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6547 resensies.
"St Helenabaai is 'n lekker bestemming met heerlike restaurante. Dis naby die ander dorpies aan die Weskus en ook naby Vredenburg wat 'n redelike groot dorp is met alles wat nodig is — selfs dokters en 'n hospitaal en natuurlik die nodige winkels in die Weskus Mall."
"Ek is mal oor Lambertsbaai want dit is 'n baie rustige plekkie en ek geniet die lug en die omgewing."
"Regtig nie veel om te doen of the sien in St. Helenabaai self nie, maar is naby ander plekke minder as 2 ure van Kaapstad. Aan die ander kant, jy gaan om te rus. As jy wil besig wees, kies liewers 'n ander plek."
"St Helenabaai is darem 'n entjie weg van Brittaniabaai. Ons het dit so verkies."
"Paternoster is een van die beste plekkies om na toe te gaan vir 'n wegbreek. Daar is wel petty crime, maar niks so erg om my weg te hou van die plekkie by die see nie."
"Dit is baie stil en rustig by Grottobaai. Dit sou lekker gewees het as daar 'n restaurant en 'n winkel beskikbaar was in Grottobaai self, maar andersins is dit 'n pragtige plek."
"Watter vriendelike mense. Oral waar ons gegaan het was die mense altyd vriendelik en lekker geselserig."
"Is 'n goeie wegbreek as jy 'n besige leefstyl het en as jy net 'n bietjie wil rus."
"Vuilgoeddromme op strand sal 'n groot aanwins wees. Glo die plaaslike munisipaliteit kan beter met besighede in omgewing saamwerk om ou geboue nie in gebruik te sloop en area beter te benut en te laat lyk om meer besoekers te lok en meer werksgeleenthede te skep."
"Is a small town with a lingering fishy smell in the air. We were not bothered by any smell on top of the hill where we stayed. The shops had rather limited goods and fresh meat was only available pre-packed. However, if you travel towards Vredenburg there is a good butchery next to the road. The local Portuguese Restaurant " Allegra" serves the greatest fish dishes and Portuguese Peri Peri Chicken, steaks, eisbein, seafood platters and a good choice of wines."
"Meeste van die toerismeplekke was gesluit en dit gedurende 'n skoolvakansietydperk, dit was vreemd."
"We discovered Westland Fisheries off the main road. Real value for money and extremely friendly staff."