Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

West Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.

Paternoster, Weskus

Jongnooientjiesfontein

"Dit bly 'n juweel, en mens hoop dat dit nie 'n oorvloed van mense gaan kry soos ander Weskusdorpe wat net pryse laat styg nie."

Velddrif, Weskus

Tip-Tol Selfsorg

"Ek voel dat enige aktiwiteite moet beter bemark en geprys word. Daar is ook nie regtig iets vir kinders en tieners om te doen, behalwe visvang en eet nie. Bring baie geld saam, want die eetplekke is duur. Geen swem of aktiwiteite vir kinders onder 18 nie."

Velddrif, Weskus

"Mens vergeet soms hoe lekker dit is tot jy weer in Veldrif kom en die plekkies en mense se gasvryheid ervaar. 'n Goeie wegbreek om af te skakel en die rustigheid in te neem."

Paternoster, Weskus

Dis Beau-tie-ful

"Wil daar kom woon."

Dwarskersbos , Weskus

Jubel n Juig Self-Catering

"Baie stil en rustige omgewing."

Paternoster, Weskus

Seekat 2

"Ons geniet elke vakansie in Paternoster. Kan nie wag om weer terug te gaan nie."

Lambertsbaai, Weskus

Lekke Ekke

"Die mooiste plekkie wat ons besoek het. Ons gaan Lambertsbaai definitief weer besoek."

Velddrif, Weskus

21 @ Starlight

"Baie rustige en veilige dorp. Baie skoon."

Paternoster, Weskus

Just Rest

"Paternoster is 'n bekende trekpleister vir toeriste en die winkels/besighede/restaurante misbruik dit. Die produkte in Die Winkel in Paternoster is buitensporig duur. Die konfyte en ander produkte in die winkel is dubbeld so duur soos in ander buurdorpe. Die restaurant langsaan die teater was die enigste eetplek in daai omgewing wat oop was op 'n Maandag tydens die skoolvakansie. Die diens was uiters swak, van die toeriste het opgestaan en geloop aangesien die kelners nie belangstelling getoon het om hulle te bedien nie. Ek self het 15 minute gewag om my rekening te kry en moes self vir dit gaan vra het. Daar is baie omliggende dorpies met dieselfde bekoring as Paternoster en heelwat goedkoper winkels en vriendeliker mense."

Lambertsbaai, Weskus

Branders Accommodation

"Vriendelike dorpsmense, lekkerste slaghuis met heerlike en bekostigbare vleis en ingelegde produkte. Die Spar is groot met heerlike vars groente en vrugte."

Lambertsbaai, Weskus

Bay Plaza

"Lambertsbaai was 'n lekker eerste ondervinding. Bird island was 'n interessante ondervinding en Isabellas restaurant het vir 'n vriendelike en gesellige atmosfeer gesorg na die uitstappie, met 'n lieflike uitsig oor die hawe se bedrywighede en Bird island self."

Doringbaai, Weskus

Thornbay Accommodation

"As jy wil afskakel is dit die plek. Strandfontein is ook pragtig en skaars 8 km weg. Papendorp se labarint was ook lekker om te sien en stap."

Elandsbaai, Weskus

Fork West Holiday Apartment - Ground Floor Unit 3

"Vir 'n stil en rustige vakansie, uitstekend."

Yzerfontein, Weskus

On the Beach

"Die strand is lieflik, die natuurskoon pragtig. Vir baie loop en verder 'n rustige, ontspanne tydjie is Yzerfontein 'n goeie keuse. Yzerfontein is ook lekker naby aan Darling vir 'n dagbesoek."

St. Helenabaai, Weskus

3 Anchor

"Lekker sentraal tussen Velddrif en Paternoster."

Lambertsbaai, Weskus

Ouma See

"Heerlike rustige atmosfeer. Kon lekker stap!"

St. Helenabaai, Weskus

Forever Blue

"Dit was baie mistig met aankoms en die volgende oggend, so ons ko nnie die omgewing lekker sien nie."

Paternoster, Weskus

BC Stone Cottage

"Winkelsentrum met 'n winkel met swemklere en ander toebehore."

Doringbaai, Weskus

Thornbay Accommodation

"Doringbaai is veilig, die mense is vriendelik en behulpsaam."

Weskus

Joan's Place

"Weskus is 'n wonderlike plek, maar Port Owen het my hart vir altyd."

Velddrif, Weskus

Russell's on the Port

"The people in Velddrif are friendly and welcoming, it's a quiet town, and easy to relax."

Dwarskersbos , Weskus

Duinerosie

"Die Weskus is uniek met sy pragtige sonsondergang!"

Yzerfontein, Weskus

On the Beach

"Yzerfontein het absoluut ons harte gesteel. "

Paternoster, Weskus

Na Genoeg

"Pasop vir die kreefverkopers!"

Paternoster, Weskus

De Linden Boutique Guest House

"Paternoster is asemrowend. Iets wat jy nie kan mis nie."

Velddrif, Weskus

Quay West

"Velddrif is rustigheid homself. Die plek en omliggende areas is fantasties vir families om te verken."

Yzerfontein, Weskus

No17 on Mile16

"Dis n prag plek."

Paternoster, Weskus

Friend's Goodwill Loft

"Awesome town and people!"

Doringbaai, Weskus

Thornbay Accommodation

"Dit is 'n pragtige dorpie met vriendelike mense. Orals was die diens uitstekend. Beslis 'n plekkie wat jy moet besoek."

Jacobsbaai, Weskus

Roos Maryn

"Jacobsbaai is pragtig. Daar is 'n groot winkelsentrum naby in Vredenburg, vir alle benodigdhede."

Blad
Blad 90 - Wys 2671 tot 2700
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem