Gee werk, wekkers en roetine jou ook ’n pyn? Dan is dit tyd dat jy uit die stad ontsnap! LekkeSlaap het ’n lys pragtige plaasverblyf buite Kaapstad saamgestel wat elke sak sal pas. As jy aan kantoorkoors lei, is hierdie die vakansieplekke wat jy verdien, want by hierdie prentjiemooi plaasverblyf wag ’n lekker rustige vakansie op jou!

Stellenbosch 

Stellenbosch is Suid-Afrika se tweede oudste dorpie en is slegs sowat 50 kilometer vanaf Kaapstad geleë. Dit is een van die gewildste bestemmings vir wyn, kos, kuns en kultuur. Stellenbosch is regdeur die jaar die ideale wegbreekplek. Die historiese middedorp is soos ’n lewende museum en daar is gereeld ’n rits geleenthede om kuns, musiek en die pragtige natuurskoon te ervaar.

Wildlife Retreat in the Vineyard

Sakpas-plaasverblyf buite KaapstadWildlife Retreat in the Vineyard

In die hartjie van Stellenbosch se wynlande pronk die lieflike Wildlife Retreat in the Vineyard. Dié kothuis skuil op ’n wynplaas en het ’n privaat ingang en ’n stoep wat met ’n uitsig op die Simonsberge en oor die wildkamp met diere soos sebras, wildebeeste en springbokke spog. Hierdie kothuis het slaapplek vir twee gaste en ’n lekker kombuisie wat goed toegerus is. 

Sakpas-plaasverblyf buite KaapstadWildlife Retreat in the Vineyard

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards kry tussen 10% tot 15% afslag (B&Vs).
Bonus: Melk, beskuit en filterwater, asook gratis toiletware word voorsien.

Malmesbury 

Malmesbury is 65 kilometer vanaf Kaapstad geleë en staan as die hartjie van die Swartland bekend. Dié area is vir sy graan- en wynverbouing, asook skaap- en pluimveeboerderye bekend en die dorpie spog met vroeë Kaapse geboue wat uit 1830 dateer. 

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Dassenheuwel Farm Stay & Cottages

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages is naby Malmesbury op ’n rustige koring-, bees- en skaapplaas geleë. Daar is drie pragtige eenhede ─ twee van die eenhede het slaapplek vir twee gaste en een is groot genoeg vir vyf gaste. Hiér is WiFi en braaiplek en elke selfsorg-eenheid het lugversorging.

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Dassenheuwel Farm Stay & Cottages

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards kry tussen 10% tot 15% afslag (B&Vs).
Elektrisiteit: Daar word vir onbepaalde elektrisiteit voorsiening gemaak sodat kragonderbrekings vrygespring kan word.
Pret en plesier: Aktiwiteite op die plaas en in die omgewing sluit voëlkyk, bergfietsry, die dorpswembad, fietsry en wyn- en olyfproe in. 
Bonus: Beskuit, ontbytgraan en muesli is ingesluit. Gaste wat betyds en op ’n weeksdag bespreek, mag selfs dalk met ’n varsgebakte plaasbrood bederf word.

Tulbagh 

Tulbagh is 126 kilometer vanaf Kaapstad geleë en is die vierde oudste dorp in Suid-Afrika. Die bekoorlike Kerkstraat het die grootste aantal Kaaps-Hollandse, Edwardiaanse en Victoriaanse provinsiale erfenisterreine in een straat in Suid-Afrika. Hier is iets vir die natuur-, adrenalien- en wynliefhebber om te doen, maar is ook ideaal vir diegene wat net vrede en rustigheid soek.

Saronsberg Vineyard Cottages

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_DasseSaronsberg Vineyard Cottages

Saronsberg Vineyard Cottages is aan die voet van die Saronsberg geleë. Dit is net buite die historiese dorpie, Tulbagh en daar is sestien gerieflike kothuise wat elk slaapplek vir  twee tot vier gaste het. Elke kothuis het ’n kaggel en braaigeriewe en jy kan die asemrowende uitsig met ’n glasie van die bekroonde Saronsberg-wyn bewonder!

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_DasseSaronsberg Vineyard Cottages

Pret en plesier: Aktiwiteite sluit wynproe, wandelinge, bergfietsry en voëlkyk in.

Tesselaarsdal 

Tesselaarsdal is ’n versteekte juweel wat sowat 150 kilometer vanaf Kaapstad geleë is. Dit spog met pragtige uitsigte, golwende heuwels en landerye van koring en kanola, asook ’n oorvloed van fynbos. In Tesselaarsdal is die rus en vrede van die plattelandse lewe opvallend en dis die ideale bestemming vir ’n rustige wegbreek.

Bertus se Huisie

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Bertus se Huisie

Bertus se Huisie is op ’n kleinhoewe tussen Caledon en Tesselaarsdal geleë en is naby die asemrowende Hemel-en-Aarde-vallei. Dit het slaapplek vir vier gaste en die huis is omhein wat dit ideaal maak om jou troeteldier saam te bring! Hierdie huis spog met ’n stoep en ’n onderdakbraai-area waar jy in rus en vrede agteroor kan sit en die uitsig oor die plaas bewonder.

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Bertus se Huisie

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards kry tussen 10% tot 15% afslag (B&Vs).
Elektrisiteit: Hierdie verblyf gebruik sonkrag vir ligte en daar is nie Eskom-elektrisiteit nie.
Pret en plesier: Aktiwiteite sluit draf en fietsry in en jy kan ook op die berg gaan stap en bergfietsry.

Robertson 

Robertson staan as die “vallei van wyn, perde en rose” bekend en is die perfekte bestemming vir reisigers wat die Kaapse Wynlande liefhet. Dit is ongeveer 157 kilometer vanaf Kaapstad en hiér is pragtige Victoriaanse geboue met jakarandabome wat al langs Robertson se strate groei. Daar is ’n groot verskeidenheid besienswaardighede, aktiwiteite en kulinêre lekkernye wat regdeur die jaar aangebied word.

Goedereede Guest Farm

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Goedereede Guest Farm

Goedereede Guest Farm is ’n prentjiemooi vrugteplaas langs die Breederivier. Dit is 9,8 kilometer buite Robertson geleë en word deur indrukwekkende berge en pragtige heuwels wat toe onder die fynbos is, omring. Daar is verskeie selfsorg-kothuise  wat slaapplek vir twee tot ses gaste het. Elke kothuis het ’n privaat braai-area en daar is ook ’n lekker groot swembad vir daardie warm somersdae.

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Goedereede Guest Farm

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards kry tussen 10% tot 15% afslag (B&Vs).
Pret en plesier: Aktiwititeite sluit visvang, voëlkyk, stap, perdry en fietsry in en op hierdie vrugteplaas kan jy tot saam oes en die vrugte geniet.
Bonus: Die braaihout vir die eerste braai is ingesluit.

Orange Grove

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Orange Grove

Op ’n wyn- en olyfplaas, in die hartjie van Robertson se vallei van wyn en rose, kan jy vyfster-verblyf bespreek. Orange Grove is die ideale plek om die wonders van die natuur te verken ─ die plaas is die tuiste van ’n verskeidenheid fynbos- en blomspesies. Daar is ses unieke selfsorgkothuise met slaapplek vir twee tot ses gaste. Elke kothuis het ’n kaggel, gratis WiFi, ’n braai-area en ’n privaat plonspoel wat ’n uitsig oor die prentjiemooi omgewing bied!

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Orange Grove

Pret en plesier: Huur fietse, verken die voetslaanpaaie en bespreek ‘n natuurrit op die plaas. Die kothuise kan op ’n selfsorg- of B&B-basis bespreek word en ontbyt-, piekniek- of braaimandjies kan gereël word. Verder is holistiese skoonheids- en masseerbehandelings ook beskikbaar.

Riviersonderend 

Riviersonderend is ’n klein plaasdorpie wat met ’n rustige plattelandse atmosfeer spog. Dit is sowat 160 kilometer vanaf Kaapstad geleë. Dié rustige dorp spog met pragtige berg- en riviertonele en daar is verskeie aktiwiteite om te geniet. Die pragtige veldblomme, fynbos en vars lug is net wat moeë reisigers benodig!

Die Ponthuis

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Die Ponthuis

Die Ponthuis is die ideale plek om van alles weg te breek, te ontspan en die kalmte van die Overberg se  natuurskoon te geniet. Dit is op die oewer van die Sonderendrivier geleë en het ’n beeldskone uitsig op die Riviersonderendberge. Die bekoorlike en prentjiemooi dorpie, Greyton, is ook naby. Dié selfsorgkothuis is perfek vir twee gaste en het ’n houtvuurwarmbad, asook ’n kaggel wat vir knus aande sorg. Daar is braaigeriewe binne en buite, dus sal jy, ongeag van die weer, ’n vleisie op die kole kan gooi. Die lieflike, groot stoep is ook die perfekte plek om die beeldskone uitsig te geniet. 

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Die Ponthuis

Pret en plesier: Die plaas het ’n tennisbaan,  bring julle eie tennisraket en -balle saam. Hiér kan jy in die rivier voor die kothuis swem, jou eie kano saambring, gaan stap of voëlkyk. 
Bonus: Steek maar die vure aan, want vuurmaakhout vir die koue aande word voorsien.

McGregor

McGregor is ’n klein dorpie tussen die berge en is sowat 170 kilometer vanaf Kaapstad geleë. Met die dorp se 19de eeuse argitektuur voel dit of die tyd stilgestaan het. Hiér kan jy die vinnige stadslewe vir die rustige, plattelandse lewe, waar die kerkklok vir jou die ure van die dag aftel, verruil. McGregor spog met verskeie wynplase en baie om te doen, soos om die Eseltjiesrus Donkey Sanctuary en markte te besoek, asook staproetes en visvang.

Rhebokskraal Olyf Landgoed

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Rhebokskraal Olyf Landgoed

Rhebokskraal Olyf Landgoed is op ’n olyfplaas net 2 kilometer buite McGregor geleë. Hierdie prentjiemooi toevlugsoord bied verblyf in twee liefllike eenhede wat elkeen slaapplek vir twee gaste het. The Dove Cottage spog met ’n uitsig oor die olyfboorde en die plaasdam. Daar is ook ’n kaggeltjie en ’n privaat buitebad. Die Silver-Green Shepherds Hut is ’n unieke verblyf-opsie en staan op ysterwiele. Daar is ook ’n ou gietysterbad in die olyfboord met warm en koue water.

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Rhebokskraal Olyf Landgoed

Pret en plesier: Hiér kan jy ’n olyfkultuurtoer bespreek waar jy die boorde kan verken, olywe kan proe en ’n maaltyd onder ’n eikeboom kan geniet.

Montagu 

Montagu se natuurskoon sal enigeen se asem wegslaan. Hierdie dorp is sowat 180 kilometer vanaf Kaapstad geleë. Hierdie dorpie is vir sy wyne en berge bekend en spog met  pragtige boorde, wingerde, plaaslike kruie, rotsformasies en warmwaterbronne. Om tyd hier deur te bring sal vir seker jou laat ontspan en jou batterye herlaai!

Porcupine Peak Farm

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Porcupine Peak Farm

Porcupine Peak Farm is dié perfekte wegbreekplek as jy op soek is na ’n rustige, stil vakansie weg van die besige stadslewe. Daar is ses kothuise met slaapplek vir twee tot twaalf gaste. Elkeen van hierdie kothuise spog met ’n kaggel, ’n lieflike stoep en ’n braai-area.

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Porcupine Peak Farm

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards kry tussen 10% tot 15% afslag (B&Vs).
Pret en plesier: Op die perseel is daar ’n labirint, voetslaanroetes, plek vir bergfietsry en houtvuurwarmbaddens kan op versoek by die kothuise neergesit word om as ’n swembadjie of ’n Jacuzzi gebruik te word. Aktiwiteite in die area sluit trekkerritte, wildkyk, voëlkyk, swem, voetslaan, bergfietsry en fietsry in.

Doornkloof

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Doornkloof

Doornkloof skuil 25 kilometer vanaf Montagu tussen berge en peerbome. Hiér kan jy rustig op ’n plaas bly en van die gedruis van die stad vergeet. Dié bekoorlike huisie bied semi-selfsorgverblyf aan vier gaste en is ideaal vir rustige wegbreke. Dit spog met ’n ingeboude braai-area en lei na ’n onderdakstoep met ’n plonspoel. Die plonspoel kan met ’n houtvuur-donkie verhit word en daar is ook ’n boma. 

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad_Doornkloof

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards kry tussen 10% tot 15% afslag (B&Vs).
Pret en plesier: Die plaas bied paadjies vir draf en fietsry.
Bonus: Twee mandjies vuurmaakhout word voorsien.

Met hierdie lekker bestemmings hoef jy nie eens ver vir ‘n bietjie rus te reis nie. Ruil daai aktetas vir jou reissak en bespreek een van hierdie pragtige plaasverblyf vir jou welverdiende blaaskans! 

Hooffoto: Saronsberg Vineyard Cottages, LekkeSlaap

Alle ander foto’s: LekkeSlaap

Lees ook:

Sakpaswegbreke vir paartjies naby Gauteng

Wynplaas wonderlik! Bly tussen die wingerde

Knus in die Karoo: Ses Plaashuise vir ’n Naweekwegbreek

10 Sakpas-naweekwegbreke naby Gauteng