Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3705 reviews.
"Rustige dorpie met verskeie restaurante om van te kies. Daar is lekker doendinge in die omgewing."
"Parkering is altyd 'n probleem in Stellenbosch, en die algemene veiligheid is nie meer so goed soos 'n jaar of wat gelede nie."
"Ligging is perfek vir daguitstappies. Genoeg besienswaardighede en wynplase."
"Vat jou eie vleis saam, die tjops wat ons by Spar gekoop het was loshande die taaiste wat ons ooit geëet het. Die T-been die volgende dag was nie veel beter nie."
"Goed geleë naby Stellenbosch, behalwe as jy eerder nader aan die student-aktiwiteite en studente-dorp wil wees."
"Besienswaardighede word nie duidelik genoeg geadverteer nie. Winkels nie geredelik beskikbaar nie. Parkeerplekke in strate baie nou en leivore is 'n veiligheidsrisiko."
Stellenbosch Central, Cape Winelands
Vilaroux"Stellenbosch is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp en het 'n fantastiese warm en gemoedelike atmosfeer met al sy kuierplekkies en koffiewinkels met tafels buite. Cater 100% vir toerisme en baie lekker plek om te kuier, was ideaal vir die Woordfees. Sal Stellenbosch vir seker weer besoek. "