Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3690 reviews.
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Bloemendal Guest Cottage"Baie sentraal, net 'n uur vanaf Stellenbosch, Franschhoek en Kaapstad. Dorp met baie om te doen, veilig en rustig."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Gabriella's Accommodation"Friendly and enjoyable small town, great for day trips or weekends to explore other nearby regions."
"Pragtige dorp met vele plekke om te gaan soos wynkelders, mooi staproetes en ander besienswaardighede."
"Pragtige dorp. Goeie eetplekke en baie erfenis ryk. Skoon dorp. Sal weer daar besoek aflê. Kan Mystic Tin Restaurant aanbeveel. Puik kos en diens."
"Die pragtige ou huise en geboue het my bekoor. Die ouwêreldse gevoel maak mens rustig. Eseltjiesrus 'n moet. Die Saterdagoggend markie met mense en honde was heerlik."
"Robertson is 'n pragtige plek. Ons was verras oor die mooi en skoon paaie en dorpies. Sal beslis weer daar gaan kuier."
"Die omgewing bied baie - Goudinin Spa is 6,5km van die oord, daar is verskeie staproetes, 'n restaurant is 'n klipgooi ver, daar is wynkelders om te besoek in die omgewing."
"Die dorp en sy mense het my verwagtinge oortref. Covid kon dalk 'n invloed gehad het, maar die eetplekke is nie oop elke dag nie en dit wissels van een eetplek na 'n ander. Miskien moet die eetplekke hul websites net opdateer oor hul ure en dae beskikbaar."
"Dis n pragtige dorp, so ryk aan kultuur en geskiedenis. Ons het veral die wandelpaaie geniet"
"Pragtige rustige dorpie met die beste skoenwinkel - Redemption handgemaakte skoene en handsakke."
"Bonnievale itself is a lovely little town. We did a bit of travelling to various wine estates and tourist attractions."
"Lovely quiet little town. The only problem is that you need to do your shopping in Robertson as there really isn’t much in McGregor."
"Lovely town with historic buildings and incredible value for money at the wineries around."
"Baie vreemd om sommer orals, tussen huise en besighede, wingerde en skape te sien! Wens ons het nog baie meer tyd daar gehad om al hulle interessante winkels en plekkies te kon ontdek. Sou ook graag meer in die omgewing wou rondry."
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
Gabriella's Accommodation"Ons eerste keer in Riebeek-Kasteel, het lekker rondgeloop in die koue en reën, al die klein winkeltjies beloer en (te veel!) geld uitgegee op hulle oulike produkte. Het Vlok Casteel se wyn- en ander produkte was baie spesiaal."
"Ons het net weer opnuut besef watter ongelooflike plekke in ons onmiddellike omgewing is en waarvan ons niks weet nie. Ons gaan binnekort weer! "