Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Covid het 'n groot invloed en ook watter tyd van die week jy daar besoek. Van die restaurante/winkels was gesluit. Shame water en krag was ook n probleem. Kan sien Clarens is ook nie meer wat dit was nie."
"Ver genoeg middelbestemming na 'n lang rit veral vir bejaardes van JHB, PE of Kaapstad. "
"Die paaie is vol slag gate en regtig nie 'n plesier nie. Maar die mense was vriendelik en alles binne vinnige bereik."
"Good stopping point if travelling from CT: +-900 km and going to Reef."
"Die SAP Museum is 'n besliste moet, asook die 2 ou kerke. Die dorpie is ryk aan interessante geskiedenis en beslis die moeite werd om te besoek."
"Dis een van die oulikste dorpies in Suid-Afrika, word hoogs aanbeveel. Prentjiemooi tussen die berge. Interessante winkeltjies en restaurante."
"Was teleurgesteld in die omgewing op pad na Nightingale. Al die tuine was toegegroei onder gras en onkruid. Paaie se middelmanne bebos. Duidelik dat munisipaliteit lankal nie meer die pragtige stad van Bloemfontein in stand hou nie."
"Bloemfontein het baie agteruitgegaan, met die basiese dienste wat nie toegepas en uitgevoer word nie."
"Clarens sal altyd baie spesiaal wees en daar sal nog baie besoeke in die toekoms wees."
"Geniet die dorp elke keer, lekker om daar rond te loop, jammer om te sien dat van die plekkies gesluit het maar hoop alles sal weer optel en kan voortgaan."
"Baie gerieflik geleë halfpad tussen Mosselbaai en Pretoria, naby aan die hoofpad."
"Clarens bly maar 'n mooi dorpie met goeie winkels om in rond te snuffel, enige vrou se droom."
"Fouriesburg omgewing is 'n goeie bestemming om die omliggende berge te verken, staproetes te doen, bergfiets en trailrunning. Die dorp het 'n paar oulike winkeltjies."
"Affi Plaas Restaurant ideale eetplek. Baie vriendelike eienaars en personeel. Flinke diens en baie smaakvolle kos."
"This is a must-stay if you are driving from CPT to Pretoria. We were greeted by the friendliest hosts and we had an amazing evening at the restaurant. I will recommend Philippolis Hotel to anyone from families with young children to large groups of friends."
"Smithfield is meer 'n oornagplekkie. Daar is nie baie te doen nie, maar dis ook nie hoekom mens soontoe gaan nie. Dis ideaal vir oornagreisigers wat 'n rustige, stil omgewing soek om te ontspan en rus voor nog 'n dag se reis."
"Clarens is kos vir enige siel. Clarens sy berge, mense en atmosfeer. Is my happy place. "
"Sowaar die Vrystaat se juweel. Soveel om te sien en te doen. Die dorpie self het natuurlik daardie nostalgiese winkeltjies en restaurante waarvoor hulle bekend is en wat iets vir almal bied. Omring met die pragtige Maluti bergreeks vir die natuurliefhebbers en fotograwe. Maar dan is daar ook die wynplaas waar jy kan wynproe en koop asof jy al die pad Kaap toe gery het. "