Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7953 resensies.
"Die natuur is pragtig en so rustig. Lekker verskeidenheid restaurante om van te kies. Interessante winkels om te besoek."
"Lieflike naweekplek. Ons gaan elke jaar oor die tyd. Bly om te sien daar is baie nuwe plekkies."
"Ons het die dam geniet. Daar is ook baie staproetes. Die dorpie is pragtig en daar is die pragtigste goed om te koop wat jy nerens anders sal kry nie. Die berge is asemrowend. Daar is restaurante om van te kies en keur. Pragtige dorpie!"
"Great place to get out of the busy cities, nice and accommodating."
"Die uitsig en restaurant by Naval Hill was werklik iets om te beleef. Mooi opgemaak met liggies vir die kerstyd en pragtige sonsondergang. Heelwat historiese geboue en besienswaardighede in en om die stad."
"Pragtige dorpie vir veral diegene wat die natuur en kuns waardeer. Die oulikste winkeltjies om in rond te snuffel."
"Dorpie lyk sleg en verwaarloos. Winkeltjies is nog steeds mooi en lekker om deur te loop."
"Pragtige dorpie wat baie meer bemark moet word as 'n oornagplek tussen Gauteng en die Kaap"
"Far enough away from Johannesburg to feel like a holiday, but not so far that you are exhausted from the drive. The restaurants serve excellent food, with craft beer and gin in ample supply. Quaint shops and galleries, in a tranquil mountain setting."
"A beautiful, tidy little farm town - with some hidden gems including a solar coffee roastery!"
"Ek is baie lief vir Bloem en ek was hartseer om te sien hoe dit agteruit gegaan het. Dit is wel nie Bloem en sy vriendelike mense se skuld nie."
"Hulle pryse op verblyf ens. is baie duur. Hulle brag met hul vreeslike mooi dorp, maar van die paaie is so vol slaggate, dat mens nie daar kan ry nie. Moet sê ek kon sien hul het begin regmaak aan die paaie in die dorp. Daar is maar nog baie aandag nodig. En hul padtekens is baie verwarrend, weggesteek of afgebreek."
"Geskiedkundige dorpie met 'n ryk geskiedenis en baie ou geboue. Iets wat vir die nageslag bewaar moet word."