Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 12223 resensies.

Clarens, Vrystaat

Mt Horeb Manor

"Pragtige plek met sy eie rustigheid."

Clarens, Vrystaat

Gypsy Guest House Clarens

"Die staproetes is baie goed onderhou en heerlik vir enige tipe stapper."

Parys, Vrystaat

53 @ Grens

"Sal beslis weer gaan."

Clarens, Vrystaat

Cloud Shadow Cottages

"Clarens is mooi, dit weet ons almal. Clarens is duur, en na my mening onnodiglik so, daar is wel 'n paar uitsonderings wat dit die besoek die moeite werd maak. Laastens die atmosfeer van die mense wissel dramaties tussen baie vriendelik en baie snobisties. Clarens is nie my gunsteling bestemming nie as gevolg van hierdie laaste rede."

Clarens, Vrystaat

Forest Lane

"Was lekker om in pik donker in stof strate te stap sonder om 'n oomblik onveilig te voel. Pragtige natuurskoon en goeie restaurant opsies."

Noordelike Vrystaat, Vrystaat

Impact Self Catering

"Daar is baie plekke om te sien in dinge te doen!"

Philippolis, Vrystaat

Die Stal

"Ideaal om te gaan rus en batterye te herlaai."

Clarens, Vrystaat

Cloud Shadow Cottages

"Ons het by die Duitse restaurant geëet. Baie billike pryse vir goeie kos en lekker speelplek vir kleuters."

Clarens, Vrystaat

Hillside Cottage

"Clarens is beslis een van die mooiste dorpies in Suid-Afrika. Al die winkels, restaurante en plekke wat ons besoek het se diens was baie goed. Daar is iets vir almal se smaak en in verskillende prysklasse."

Parys, Vrystaat

Devondale Guesthouse & Spa

"Mid-week is a great visit, but do know that most places close on a Monday post the weekend."

Clarens, Vrystaat

See-view Guest House

"Dalk bietjie te besig met min of geen afstand tussen besoekers in restaurante en winkels nie. Oral moet maskers gedra word en gesaniteer word, maar geen sosiale afstand word gehandhaaf nie."

Bothaville, Vrystaat

De Heide Guesthouse

"Ek persoonlik verkies om deur die kleiner dorpies te ry as die hoofweg. Daar is wel ’n motormuseum om te gaan besoek."

Gariepdam, Vrystaat

Gariep N1 Chalets

"Daar moet baie beter verblyf beskikbaar wees as die plek!"

Clarens, Vrystaat

Birch Cottage

"Clarens het so baie plekke om te verken, ek wil weer en weer gaan."

Bloemfontein, Vrystaat

Een Een Vyf Albrecht

"Love, love, love Bloem."

Gariepdam, Vrystaat

A'Damsview

"Regtig ’n klein juweel wat soms misgekyk word."

Vrystaat

Chanbe Game Lodge

"Die Vrystaat is altyd een van die beste en hartlikste provinsies."

Oranjeville, Vrystaat

Die Vette Vis

"Oranjeville is klein, maar daar is niks fout nie, want die doel was nie om die dorp te beken nie, so dit maak nie vir ons saak nie, ons het lekker by die Vette Vis gekuier en gebly."

Clarens, Vrystaat

God's Gift Self-catering Cottage

"Lovely art, walking trails, and restaurants."

Clarens, Vrystaat

Feathers

"We were not too sure of trading hours and opening/closing hours of restaurants. The people in the shops and restaurants were very friendly and hospitable."

Fouriesburg, Vrystaat

Lesoba Guest Farm

"Wonderlike diens by die Windmill Pub en Grill gekry na ’n dag se voetslaan van 14 km. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam."

Clarens, Vrystaat

Rosewood Corner

"Dis een van die mooiste dorpies in ons land, met die mooiste omgewing rondom Clarens om te verken. Ek het my verkyk na die rotsformasies soos ons gery het na van die ander dorpe. Asemrowend."

Oranjeville, Vrystaat

Die Vette Vis

"Oranjeville, is 'n klein dorpie, maar daar is baie om te doen vir 'n naweek. Die paaie rondom Oranjeville is nie 100%."

Harrismith, Vrystaat

Oppi Hoek

"1Stop Engen baie gerieflik."

Clarens, Vrystaat

Twogether

"Dis baie mooi en die rustigheid is wonderlik om te ervaar. Daar is pragtige goed te koop en heerlike eetgoed! Dis so skoon, mens sien nie papiere en rommel rondlê nie. Voorwaar 'n plek om te besoek!"

Harrismith, Vrystaat

Oppi Hoek

"Dis jammer dat die dorp so vergaan het. Mens kan sien dit was eens op 'n tyd 'n spogdorp, maar onder huidige bestuur het hy tot niet gegaan. Paaie vol slaggate, geen straatligte, stopborde afgesteel ens."

Blad
Blad 165 - Wys 4921 tot 4950
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem