Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7904 reviews.
"Clarens is 'n rustige kunstenaarsdorpie met baie eet- en drinkplekke met die allerpragtige kuns en ander snuisterye om te koop. Die berge na Golden Gate se kant toe is iets om nie te mis nie. Beslis die moeite werd vir 'n rustige wegbreek in die natuur."
"Clarens en die natuurskoon is die tipe plek wat in jou hart nesskop en veroorsaak dat 'n mens onttrekkingsimptome ervaar wanneer jy nie gereeld daar gaan kuier nie. "
"Quaint, beautiful little town! Too touristy on weekends though (too full), would love to visit for a more quieter break during the week to see Clarens and its people in their everyday environment."
"Inwoners baie verdraagsaam en vriendelik. Slaggate steurend as hele dorp verken word. Inligting oor geskiedenis, monumente en rotskuns kan dalk ook in verblyfplekke beskikbaar wees. "
"Clarens is 'n lieflike klein dorpie wat groot genoeg is om aan almal se behoeftes te voldoen."
"Ons is oral vriendelik gegroet. Die restaurante is van topgehalte. Party winkels se pryse is rêrig baie duur wat mens laat link hulle konsentreer op die oorsese mark. Ons het die heeltyd veilig gevoel."
"Ons het nie regtig in Fouriesburg rond gekuier en gery nie omdat ons van ver af gekom het. Dus moet ons weer 'n kuier reël om die dorp te gaan verken."
"Meer selfvoorsienend te wees. Ek hou van my franchise, Spar, Steers, ens. vir prysbeheer. "
"Parys se dorpspaaie is sleg. Die grondpaaie is nog erger. Moenie te vinnig ry nie en kyk vir die pad."
"Jammer dat ekonomie ook veroorsaak het dat baie antieke winkels in hoofstraat deure gesluit het. Mense in dorp baie vriendelik."
"Lieflike omgewing. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Nuwe gunsteling wegbreek bestemming."