Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Petrusburg is klein, rustige en skoon dorpie. Definitief vir die wat net wil rustig wees en nie te veel doendinge op lys het nie. Ideaal vir oornag op die langpad. "
"Die dorpie word verbasend goed onderhou. Die mense is vriendelik en die winkels netjies en uiters billik geprys."
"Pragtige dorpie met indrukwekkende winkeltjies vir elkeen. Die dorp is naby aan baie klein dorpies wat ook besoek kan word. Golden Gate met indrukwekkende staproetes en berge is slegs 'n paar minute weg. Dis nou as jy jouself uit Clarens se winkels kan dwing! "
"My gunsteling plekkie om tyd te vertoef. 'n Heerlike vakansieplekkie met genoeg om besig te bly. "
"Senekal is gelee op die N5 tussen Winburg en Bethlehem. Die Shell-vulstasie is waar meeste mense hul karre volmaak. Daar is 'n winkeltjie en plekkie om koffie vir die pad te kry. Cheetahs Restaurant wat deur die Stydom-familie besit en bestuur word, is die beste plek om in die middae of die aande 'n lekker steak of gekookte kos te gaan eet (hulle besit ook die slaghuis op die dorp - so die steaks is uitstekend). Daar is 'n 9-putjie gholfbaan met 'n goed ingerigte klubhuis - dit is die gholfbaan wat mens sien van die gastehuis af."
"Regte plattelandse dorpie, stel voor mens koop maar klaar jou kruideniersware voor jy Fouriesburg toe gaan, daar is nie veel winkels in die dorpie nie."
"‘n Pragtige dorpie met baie winkeltjies en lekker eetplekke! ‘n Moet besoek plek. Een van die oulikste in die land!"
"Lekker naweekwegbreek-dorpie, alhoewel bietjie ver van Pretoria af (4 ure). Die locals is baie vriendelik en hulpvaardig, het lekker gesels met 'n paar van hulle. As jy van inkopies hou, is dit die plek vir jou, alhoewel baie van die winkels dieselfde items verkoop."
"Ons is gereelde besoekers en dit is altyd 'n wonderlike ervaring om die dorp en omgewing te besoek."
"Clarens is werklik die juweel van die Vrystaat. Pragtige landskappe en vriendelike mense laat jou tuis voel en van al jou bekommernisse vergeet."