Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Pragtige dorpie. Mooi kunswerke. Natuurskoon is asemrowend mooi deur ons Skepper geskilder."
"Clarens is 'n pragtige plek. 'n Mens voel tuis en dis baie aangenaam daar. Dit is ook duidelik dat daar moeite gedoen word om die dorp mooi en netjies te hou. Clarens is beslis 'n oase in daardie omgewing en die inwoners kan trots wees op hul dorp."
"Goeie oornag- en naweekbestemming. Interessante winkeltjies en lekker restaurante."
"Te min restaurante beskikbaar vir aandete! Het vergeet om te bespreek en kon nêrens geholpe raak nie!"
"Enigste nadeel is dat ander mense die parkeer-afdak van Villa 176 heeltyd beset het en ons sonder 'n afdak moes klaarkom."
"Senekal is a small town, I was there for business, so cannot really comment on any tourist attractions. The golf course looks great though."
"Karaktervolle Karoo-huise en Victoriaanse huise en historiese geboue. Antieke winkel was die middag gesluit en die geadverteerde kaggel en koek van een van die restaurante was non-existent. "
"Wat 'n verrassing! Bring minstens 'n volle dag net in dorpie deur. Uitstekende restaurante."
"Baie sentraal geleë vir besoeke aan besienswaardighede in die omgewing soos AfriSki, Golden Gate en Clarens."
"Baie lekker maar 'n naweek is genoeg om alles te sien as ek langer gebly het sou ek verveeld gewees het."
"Area is naby alles - eetplekke en winkelsentrums. Toegang tot hoofroetes is baie maklik."
"Dit is 'n ideale toeristebestemming, alhoewel vir Suid-Afrikaners bietjie duur. 'n Mens moet net genoeg vrugte en groente saamneem as jy self etes wil voorberei, aangesien dit nie volop beskikbaar is nie."
"Bloemfontein was baie koud, maar ons was goed ingerig met elektriese kombers en warm lugreëling. Die warm persoonlikhede van die mense in Bloemfontein het opgemaak vir die koue en almal is uiters vriendelik en behulpsaam."
"Dit is 'n mooi klein dorpie en heel lekker om in oor te slaap oppad van die Kaap na Gauteng. Daar is egter nie eintlik 'n eetplek oop in die aand nie."