Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Baie aangenaam. Stel voor hulle moet pad om middel blok 'n one way maak. Voertuie kan nie albei rigtings ry nie, te min spasie."
"Ons love Clarens, absoluut 'n pragtige dorpie en sal baie langer daar wil kuier as net 'n naweek."
"'n Mens voel veilig en ontspanne in die mooie Clarens met sy talle inloerplekke en eetplekke te kies en te keur. Dan is Golden Gate ook net om die draai. "
"Definitief 'n dorpie wat sommer vinnig in jou hart inkruip, met al sy klein winkeltjies en sy natuurskoon."
"Ek sou dit nie as 'n toeristebestemming bestempel nie, maar dit is 'n mooi woonbuurt."
"We had a wonderful dinner at Nell's restaurant in town. Pleasant atmosphere and a well presented meal. We departed on the Sunday morning and it was just unfortunate that the renowned butchery was closed."
"The municipality must please have a look at the tar roads and fix it, especially the ones in town."
"Bloemfontein is 'n aangename stad en die besighede in en rondom Bloemfontein is aangenaam."
"Baie lekker dorpie om te besoek, met baie om te doen. Dit is ongelukkig net die paaie daarheen wat hard is op die bande, en kan veroorsaak dat mens nie te gretig is om weer die reis aan te pak nie. Veral die pad vanaf Viljoenskroon tot Steynsrus is baie erg, en ook die stukkie waar jy afdraai na Ventersburg tot in Welkom. Maak nie saak watse pad jy ry nie, hulle bly maar gevaarlik en maak die reis na Clarens bietjie stresvol. Maar dit is die regering se probleem, en nie Clarens sin nie. Dit kan egter die toerisme daarheen affekteer indien dit nie reggestel word nie."
"Dit was ons eerste keer en Clarens was awesome en sien ons definitief weer en weer."
"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie met 'n heerlike atmosfeer, oulike winkeltjies, lekker eetplekke en 'n mooi gholfbaan. Dis net 'n klipgooi weg van Lesotho sou 'n mens oorweeg om Lesotho ook te besoek."
"Ons het nie regtig tyd gehad om die dorp te verken nie, so ek kan nie regtig kommentaar lewer nie. Wat ek wel kan sê is die paaie het drasties aandag nodig. Die "potholes" is verskriklik."