Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Geniet Clarens met elke besoek, maar moet sê Rooikat Cottage het dit hierdie keer nog baie meer aangenaam gemaak."
"Bekommernis oor die sigbare agteruitgang van paaie wat relatief onlangs eers voltooi is en hoe instandhouding in die toekoms gedoen sal kan word teen die agtergrond van ontsaglike geldverkwisting soos wat in koerante geapporteer word."
"Clarens is een van die mooiste dorpies en 'n moet vir enige iemand se wenslys, om ten minste een keer te besoek."
"Parys is 'n heerlike plek om te besoek. Die enigste probleem is dat ons nêrens inligting raak gelees het dat die meeste winkels op die dorpie op Maandae toe is nie. Ek het spesiaal my suster soontoe geneem (sy was nog nooit daar nie) om die winkeltjies te ervaar en was regtig teleurgesteld met dit."
"Die Pellissier Museum was heeltyd toe; sou nogal lekker gewees het om dit te gaan besigtig."
"Baie interessante besienswaardige plekke en geboue waarvan ons nooit geweet het nie. Hoop beslis meer mense maak 'n draai daar. 10 moet sien plekke beslis."
"Loved it like the places to eat and all the nice little shops art and anything else."
"Clarens is good for a weekend visit or painting holiday, as the views are absolutely stunning. Not sure about a longer stay as it is a very small town and apart from outdoor sporting activities, does not offer much more. The shops are rather expensive and much of what is on offer is available in the City at much cheaper prices. I would be lovely to see art exhibitions on the square by local and other artists over weekends which they can sell to the public without a middle man. "
"Beautiful town, even the township was interesting and seemed to be without high order crime."
"Ek het veral die Bibliophile baie geniet en natuurlik die restaurante bied uitstekende kos vir die honger toeris."
"Ons hou baie van die natuurskoon van Clarens. Die ongeteerde strate laat egter baie te wense en skaad beslis die goeie naam van Clarence."
"Ons hou nie baie daarvan om in 'n woonbuurt in 'n gastehuis te bly nie. Die idee van 'n gewone huis wat net hier en daar verander is om baie mense te akkommodeer sit my totaal af. Die omgewing speel ook maar 'n belangrike rol, die huise in omgewing ens. "
"Fouriesburg is baie rustiger as Clarens en is baie sentraal geleë om Oos Vrystaat en Lesotho te verken. "
"Ek wou nog altyd die dorpie en sy omgewing besoek en sal beslis weer eendag soontoe wil gaan. As ek mag, sal ek graag wil voorstel dat hulle die Tugella Waterval meer bemark. Dit is die tweede hoogste waterval in die wêreld en toe ons daar aankom vind ons uit dat daar 'n drie uur stap (een rigting) is en dit was toe reeds te laat die middag om die tog aan te pak."
"Dorpie is baie duur. Op die beste langnaweek sal van die eetplekke se kombuis sluit om 6 pm wanneer almal wil uitgaan om te eet. Eienaar sal ook nie skroom om jou koud net weg te wys nie. 'n Spar of Pick 'n Pay sal 'n aanwins wees vir ons middelklas en die dorpenaars en gemeenskap."
"Verblyf was te kort om kommentaar te lewer, waar ons was by Barefoot Cinderella was die diens en kos goed die eienaars is baie gasvry en hulpvaardig."
"Sentraal geleë in 'n pragtige landskap en die hart van die dorp klop in die Fouriesburg Country Inn."
"The food venues need to step up on the standard of food served. "
"Baie lekker geleë naby eetplekke; supermark; casino; Botaniese Tuin met uitstekende restaurant. Maklik om te vind met padkaarte wat eienares op jou navraag verskaf."
"Free State is good, anyone likes it and its safe to tour in, since there's no high crime rate. Everything is amazing."