Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9195 reviews.
"Baie om te doen en te sien. Die Karoo is beslis 'n toerisme-aantreker, vreeslike vriendelike mense."
"During load shedding majority of places are closed as they are not prepared for it."
"Daar is die bekende aantrekkings soos Volstruisplase, Kangogrotte ensomeer, maar probeer gerus die skoonheid en prag van die Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prince Albert en ry terug deur Meiringspoort - asemrowend."
"George is 'n pragtige, skoon dorp. Ander munisipaliteite kan hier kom leer. George is ook baie sentraal geleë."
"Pragtige dorpie. Dit is sentraal met soveel dinge om te besigtig in die omgewing."
"Elke dag was daar iets besonders wat ons kon doen. Beslis die moeite werd om daar te gaan draai."
"Die Tuinroete is lieflik, maar ons is onderwysers en daarom is ons vakansietye ongelukkig in die hoogseisoen wat maak dat die plekke oorvol is. Ons kon byvoorbeeld op Woensdag 19 Desember nie plek kry by Haroldsbaai nie. Victoriabaai sien ons egter nie weer nie, weens te veel rondlopers op die strand wat vir seker nie kom swem het nie. Buffelsbaai was pragtig."
"Baie vriendelike mense daar rond, van die petroljoggies tot die laundry mense! Skoon omgewing ook!"
"This area on on the Garden Route is exceptionally family friendly and less commercial than Knysna and Plettenberg Bay."
"Dit is meer 'n plek vir doendinge. Ons is mal oor die Waterpark."