Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3180 reviews.
"I would have preferred to have mosquito repellent as added to the cabin. Other than that, the place is a hidden nugget."
"Lovely little village with everything you need. Friendly people and beautiful scenery."
"Goed geleë vir sportliefhebbers wat rugby en krieket in Pretoria, Centurion en Johannesburg wil bywoon."
"Wapadrand het 'n ideale ligging. Die area is rustig en veilig en baie sentraal geleë. Daar is winkelsentrums en restaurante en vermaak baie naby as 'n mens moeg raak van die rustigheid wat Wapadrand bied. "
"Fantasies om die groot 5 so naby die stad te kan beleef. Ons het die olifante so geniet en dit was 'n absolute belewenis om dit so naby te kon belewe en Dinokeng is absoluut 'n moet vir elke besoeker aangesien daar so baie wild is om te sien."
"Ons het 3 van die groot 5 gesien tydens ons 3 dae se ry in die Park. Ons was selfs gelukkig genoeg om die leeus by 'n vangs te sien vreet. Dinokeng sal ons Johannesburgers definitief weer sien. "
"Die paaie in die omgewing was van so 'n swak gehalte dat ek nie my lisensiegeld elke jaar sal betaal nie en nog minder E-Tolls."
"Die rigtingaanwysers is baie goed. Buiten koedoes en rooibokke het ons min ander diere gesien. Die geblaf van honde by omliggende opstalle was steurend in die nag. Dit doen afbreuk aan die wildervaring. Dinokeng is 'n park-in-wording en sal baat by deeglike oorhoofse beplanning van die pad vorentoe. Die draadomheinings van die weermagbasis en talle ander privaat wildkampe doen vreemd aan en voel uit pas met die die res van die reservaat. "
"Sinoville is naby geleë and the hoofweg en winkelsentrum. Vir besigheid reistog is dit ideal."
"Ek verstaan daar moet 'n geldjie betaal word om in die reservaat te ry, maar as jy in Dinokeng oorbly kan afslag gegee word aangesien mens reeds betaal het vir verblyf. As dagbesoeker dink ek die prys is billik. Oor die algemeen is die reservaat baie groot en ons het baie diere gesien."