Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Ons was nie in die dorp in. Die mense wat die windpompies verkoop by die ingang van die dorp is ongelukkig baie arm en mens voel jammer vir hulle."
"Mense besef nie hoe baie daar is om te doen en sien in en om Britstown nie - die dorp is eintlik 'n juweel waar mens gerus meer tyd kan deurbring."
"Loved the town, so much history and beautifully kept old Victorian homes. Valley of Desolation is breathtakingly beautiful."
"Loxton is een van die min versteekte juwele ten opsigte van plattelandse dorpe wat nog oor is in ons land. Die dorpie en sy inwoners wil 'n mens keer op keer laat terugkeer."
"There is not much to see or do in Venterstad, but we enjoyed the guest house tremedously. It was a good stop on our way to the EC."
"Hanover is 'n oorblyfsel van 'n baie ou wêreld. Die kerk is beslis die moeitewerd met sy besonderse boustyl en houtwerk aan die binnekant. Hanover het die mooiste huise en fotoneem-paradys met sonsopkoms. Draai beslis af vir die bekoring vanaf die N1."
"Dit sal lekker wees as winkels en galerye bietjie later oop kan wees veral op 'n Vrydag wanneer so baie mense die dorpie besoek. Dankie dat alle besighede werklik moeite doen (veral die restaurante) om gedurende die kragonderbreking oop te wees en dat mens steeds heerlik kon gaan uiteet."
"'n Ligpunt van ons verblyf op Williston was die wonderlike restaurant, Manna, waar ons aandete en ontbyt geniet het. Die diens is briljant, die kos heerlik en Nisi het ons soos goud behandel. Die restaurant is een van die beste plattelandse plekkies wat ons al ooit op afgekom het, 'n versteekte juweel."