Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6885 resensies.
"Beautiful area and shops and entertainment are right at your fingertips. Beautiful scenery."
"Sea Park is sentraal, naby genoeg aan Port Shepstone vir inkopies, maar ook nie so naby dat die besige dorp lastig is nie. Is ook naby genoeg aan South Gate Mall en Shelly Centre vir 'n heerlike uitstappie."
"As twee enkellopende vroue, was my groot oorweging veiligheid. Wat 'n aangename verrassing! Ons het in gure weer die aand gestap om te gaan eet en het dit baie geniet. Die nuwe esplanade is werklik 'n aangename verrassing en ek sal dit graag weer besoek. Met die volgende oggend se stap, kon ons rustig die ander esplanadegebruikers dophou en ontbyt eet. Voorwaar vakansie!"
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"Baie om te doen in en om die omgewing. Pragtige plekkie waarheen ons vir seker weer sal gaan. "
"Winklespruit is goed geleë. Ek weet nie hoe is die verkeer in die vakansieseisoen nie. Alles was eintlik stapafstand. Ek het dalk nie alles gesien nie, maar Winklespruit is nou nie die beste/mooiste vakansie dorp nie. Besighede floreer wat goed is buite seisoen. Daar is nou nie coffee shops op die straat nie. Wel een by die Pick n Pay. Op die strand sal ek aan beveel dat die lagoon/damwater by die main strand oop gemaak word en die water in die see kan loop. Die reuk was nie aangenaam nie en ek sal nie my kinders daarin laat speel nie. Die swembad was leeg by die main stand. Ek neem aan dis maar buite season en word dalk maintenance gedoen. Ek moet weer gaan in beter weer. Dis al. Ek dink dis 'n lekker besige dorpie."
"Met die snelweë wat deur die gebied loop is dit maklik om van een punt na 'n ander te gaan."
"Die apies is oral, maar oor die algemeen baie skoon en mense baie behulpsaam. Strande skoon oor die algemeen."
"We love the quiet and relaxing area to wind down and recuperate from."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
St Lucia Ocean View Lodge"Asemrowend met baie om te sien en te doen. "
"Die dorp is ongelooflik mooi. As ek aan Balgowan en die omliggende area dink, dan dink ek nie aan Natal nie, ek dink aan die Kaap. Ek was stomgeslaan oor die area en die klein plekkies rondom Balgowan."