Geverifieerde Resensie
Sunshine Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sunshine Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2537 resensies.
"Ons het dit nie juis as toeristebestemming ervaar nie, maar dit is baie gerieflik geleë ten opsigte van winkels en vir ons besoek vir 'n Britse visum."
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."
Makhanda (Grahamstad), Sonskynkus
Bartholomew's Loft"Net jammer die Camera Obscura was stukkend en die katedraal was toe."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sonskynkus
Pebbles Beach Cottage"Vriendelike mense, doen baie vir toeriste oor Desember, billike pryse en dit is 'n baie lekker plek."
"Vir 'n eerste besoek, sal ek definitief weer gaan. Daar is steeds dieselfde atmosfeer wat die blommekinders van weleer aangegryp het. Ek kan verstaan hoekom hulle na so 'n stukkie paradys in ons land sou ontglip het. "