Geverifieerde Resensie

Upper Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2339 resensies.

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Outsiders B&B

"Nieu-Bethesda bied baie meer as net die uilhuis. Dit is 'n pragtige dorpie om te besoek met puik verblyf en lekker eetplekke, maar ook baie rustig om net die natuur te geniet en te ontspan. Dit was ons tweede besoek, en ons sal verseker weer terugkeer."

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"Drie Susters is maar net 'n kruispunt van paaie, maar dis 'n haalbare afstand om te ry vanaf Pretoria. Die "Drie Susters" (berge) is natuurlik 'n foto werd! Daar is ook 'n goeie vulstasie met alle geriewe."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

The Water Tower

"The Owl House, Fossil Centre, Church and graveyard make the visit really worthwhile. Be prepared to pay city prices for most foods/beverages. The friendly bookshop is well stocked. The local crafters make good products and each tourist should support them"

Richmond, Bo-Karoo

Ka Ma Lodge

"Die wind het baie gewaai die dag en ek het nie die omgewing verken nie. Dit is 'n goeie oornag op pad na Kaapstad."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Kingwill's Guest House

"Baie mooi dorp met 'n rustige atmosfeer. Ons het baie lekker geëet by die Merino Restaurant. Pragtige Karoo argitektuur."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Mooi historiese dorp met pragtige Karoo argitektuur. Dit lyk asof die nuwe munisipale raad ekstra moeite begin doen oor netheid en ontwikkeling. Definitief die moeite werd om hier oor te bly. Besoek ook die Kingwill Deli en Coffee shop! En daar is 'n staproete op die berg."

Britstown, Bo-Karoo

Transkaroo Country Lodge

"Britstown is ‘n rustige dorpie met baie vriendelike en bedagsame inwoners."

Britstown, Bo-Karoo

Elsa's @ 27

"Die dorpie is reg in die middel tussen PE en Namibië. Nie veel om te doen nie."

De Aar, Bo-Karoo

Potties Guesthouse

"Racism is a very big deal in De Aar."

Richmond, Bo-Karoo

Be Blessed Selfcatering

"Baie oulike plekkie. Lekker geslaap en geëet."

Britstown, Bo-Karoo

Elsa's @ 27

"Klein pragtige dorpie!"

Hopetown, Bo-Karoo

Hopetown Guesthouse

"Was 'n vriendelike en aangename dorpie. Sal beslis weer gaan draai daar. Ons het goeie herinneringe van Hopetown saam huistoe gebring. "

Britstown, Bo-Karoo

Rooidam Cottages

"As jy op reis is en ontbyt wil eet of biltong wil koop moet jy hier stop. Nie noodwendig iets by Strydenburg of Hopetown nie."

Richmond, Bo-Karoo

Be Blessed Selfcatering

"Ek en my vrou het die aand by die restaurant: "Die Krip" gaan eet. Ek was teleurgesteld om in die middel van die Karoo 'n skaapnekvleisdis te bestel en nie die Karooskaap te kon proe nie. My vrou se T-been steak was heerlik sag en presies gaargemaak soos sy dit wou hê."

Rhodesdene, Bo-Karoo

Dankie Pa Guest House

"Keep up the good work team. "

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

The Ibis Lounge

"Beslis 'n besoek werd. Gaan kyk na die Uilhuis, drink 'n bier by die Sneeuberg brouery."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Slaap gewoonlik net oor in Victoria-Wes. Weet nie rerig wat mens kan sê vir dit as 'n 'toersitebestemming' nie. Die skaap daar is wel altyd uit die boonste rakke! Liplek-lekker!"

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Allemann se Huisie

"Meer mense moet die dorpie besoek."

Richmond, Bo-Karoo

Ka Ma Lodge

"Rustige dorpie met vriendelike mense."

Vanderkloof, Bo-Karoo

Rhino Manor

"Thank you for your warm embrace!"

Rhodesdene, Bo-Karoo

Dankie Pa Guest House

"Baie rustige woonbuurt."

Britstown, Bo-Karoo

Elsa's @ 27

"Wens ons kan 'n bus vat en klomp mense daar gaan aflaai om 'n verskil te maak en nuwe lewe en besigheid in die dorpie in te blaas. So hartseer om te sien hoe al ons klein dorpies leegloop."

Vanderkloof, Bo-Karoo

Waterfront Boutique Hotel

"Die dorpie en die dam is die moeite werd om 'n draai voor te ry en daar te oornag oppad tussen die Kaap en Gauteng. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Was laatmiddag toe ons daar aangekom het, maar die natuurskoonheid met die berge rondom was pragtig. Na 'n reis van die verre Noord-Kaap tot hier en die baie reën was die wêreld wonderlik om te aanskou. Sou baie graag meer wou sien, definitief volgende keer."

Hopetown, Bo-Karoo

Hopetown Guesthouse

"Hopetown we found to be a peaceful place for an overnight stay, would not spend any lengthy period of time there."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

The Ibis Lounge

"Vreeslike interessante dorpie met soveel potensiaal."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"Gaan verken gerus die historiese en geologiese besienswaardighede."

Vanderkloof, Bo-Karoo

Waterfront Boutique Hotel

"Lieflike, rustige vakansiedorpie."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

The Water Tower

"Nieu-Bethesda is kos vir die siel. En die mense is almal so ongelooflik vriendelik en goed gemanierd."

Blad
Blad 73 - Wys 2161 tot 2190
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang