Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6636 resensies.
"Nog al die jare een van my gunstelinge. Baie foto geleenthede, lekker eetplekke, mooi strande en hartlike mense."
"Sentraal geleë naby alle Weskus-bestemmings met 'n groot mall wat aan al jou behoeftes kan voldoen."
"Port Owen is 'n pragtige plek en ons gaan beslis teruggaan om daar ook te gaan vakansie hou."
"Dit was ons eerste kuier in Langebaan. Langebaan is 'n pragtige dorp met besonderse akkommodasie en 'n pragtige strand. Daar is genoeg vermaak en eetplekke vir toeriste. Kan aanbeveel word."
"Die Dorpie self is wonderlik en ons het lekker gekuier by die Hotel se kroeg, dis loopafstand van die huis af."
"Perfekte wegbreek van dorpe, mense en alles, maar steeds naby genoeg aan winkels om die "moet gou dit hê" te gaan haal."
"Klawer was vir ons ideaal geleë om oor te slaap onderweg na en vanaf Keetmanshoop in Namibië. In die blommeseisoen in Namakwaland sal Klawer ook uitstekend geleë wees om daguitstappies vandaar te doen."
"Muisbosskerm is 'n moet vir vakansiegangers. Was 'n belewenis wat ons nie sal vergeet nie. Is die bedrag werd."
"Die was nie ons eerste keer op Paternoster nie, en sal ook nie die laaste wees nie. Was beslis die beste plek waar ons al gebly het. Jammer dat die diefstal so toeneem, dit plaas nogal 'n demper op 'n mens se vakansie om alles heeltyd toe te sluit. Dit het nie juis in die winter gepla nie, was lekker "cosy" en warm in die toe huis, maar in die somer raak dit 'n probleem!"
"See, sand .... net pragtig. Iets wat jy definitief moet ervaar. Skoonheid in eenvoud."
"Dit groei teen 'n vinnige tempo, maar die atmosfeer bly dieselfde"
"Daar gaan nie te veel aan nie, maar vir die persoon wat wil wegkom van alles en ver wil gaan loop op die bitter mooi lang strand is dit 'n goeie opsie. Dalk nie so 'n goeie opsie om tieners besig te hou nie. "
"Oor die algemeen 'n baie oulike dorpie. Ek sal graag daar wil woon permanent. "