Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6591 resensies.
"Veldrift was nog altyd een van gunsteling kusdorpies aan die Weskus. Die kos en kultuur is uniek en die is mense baie vriendelik."
"Ons het 'n jaar aan die Weskus gebly en was altyd mal oor St. Helena - sal eerder op Vredenburg/Shelley Point of Paternoster tuisgaan as hier."
"Gereelde strandskoonmaak sal die plastiek en rommel probleem op strande drasties verminder. Meer vullisdromme in dorp sal ook help om rommelstrooiing te verhoed. So 'n mooi dorpie wat behoue moet bly."
"Vriendelike plek met heerlike restaurante, 'n bierbrouery, pragtige strande - 'n kuierplek vir oud en jonk."
"Die wêreld was natuurlik spons-nat. Lekker plek vir bootmense. In die somer sal dit baie lekker wees daar. Winkelgeriewe op Velddrif is maar eina. Laaiplek se Superspar is 'n goeie kleinhandelaar. So ook PnP op Vredenburg."
"Klawer is 'n baie rustige plek, geskik vir persone wat wil kopskoonmaak, en tyd wil bestee vir aan hulself as persoon."