Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3577 resensies.
"Brandwacht is 'n voorstad heel buite die Stellenbosch middedorp. Dis ideaal vir iemand wat sy eie vervoer het en rustigheid soek. Niks is stapafstand nie, maar dis hoe ek dit verkies het. Stellenbosch raak besig en Brandwacht is weg van al die verkeer en besigheid van Stellenbosch. Van die eiendomme, insluitend Feel@Home, is baie mooi."
"Heerlike strandoord - wind het gewaai by tye, maar ons kon die strandgebied besoek."
"Die Strand is een van my gunsteling-vakansieplekke om te besoek en te herlaai. Daar is baie omliggende plekke om te besoek wat minder as 'n halfuur se ry weg is. Skoolvakansie tye is natuurlik is redelike sirkus en jy moet seker wees jy het 'n plek soos Pebble Moon om weg te kom van die miernes."
"As jy 'n naweek weg van die stad se gedruis wil hê, is Riebeeck Kasteel en Riebeeck Wes perfek. Riebeeck Wes is stil, en bied die nodige sielsrus om te ontspan van die stad se gejaag."
"What an awesome place for a getaway from the hustle and busy city life. Ceres, you will most definitely be seeing us again."
"Baie mooi area, en baie stil. Ligging baie toeganklik tot verskeie fasiliteite. Prag ou bome. "
"Riebeeck Kasteel is my gunsteling plek, dit pas my behoeftes en persoonlikheid soos 'n handskoen. Dit het 'n kleindorpse gevoel sonder dat iemand inbreek maak op jou persoonlike spasie. Die lekkerste eetplekke en die mooiste goed in die unieke winkels."
"Stellenbosch as a whole is a pricey place to stay and we would visit more often if the costs were more reasonable."
"Strand is looking stunning with their new boardwalk and the beach looks clean and maintained."
"Die omgewing en die besienswaardighede maak op vir die negatiewe punte. Spice Route en Fairview is 'n miernes van bedrywighede oor naweke maar 'n groot aantrekkingskrag. Bona Vista is letterlik binne bereik van Stellenbosch, Malmesbury, Riebeek-kasteel en ander dorpies/wyn plase, ens."