Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"Meer selfvoorsienend te wees. Ek hou van my franchise, Spar, Steers, ens. vir prysbeheer. "
"Lieflike omgewing. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Nuwe gunsteling wegbreek bestemming."
"Clarens needs no introduction. It is a town geared towards tourism with plenty to do, lots of restaurants, and set in one of the most beautiful parts of our country."
"Net jammer die slaggate in die dorp begin so erg raak, mens kyk hoeveel besoekers die dorp en besighede besoek en ondersteun. Verder een van ons gunsteling dorpies te besoek, vir al vir wegbreek naweek."
"Ek het my bedenkinge oor Clarens as toeristebestemming. Ek kry die idee dat toeriste uitgebuit word omdat die dorp so bekend geword het. "
"Dit is die Mekka van die Oos-Vrystaat. Met so ’n geweldige inkomste oor naweke kan die stadsraad darem net die hoofstraat weer opknap."
"Daar kort net perdekarre. Sal parkeerterrein aanbeveel vir naweke. 10/10. Dit bly 'n pragtige dorpie en omgewing."
"Die Golden Gate is 'n groot aanwins vir die dorp. Dit is 'n pragtige omgewing. 'n Mens kan God se hand in alles sien daar."
"Die herfskleure het dit nog meer van 'n juweel gemaak as gewoonlik. Die mense is vriendelik en behulpsaam. 'n Plek om jou longe en jou kop skoon te maak. God se Skepping op sy beste."
"Sommige winkels het geen kameras toegelaat, sou nice wees om mense by die huis te wys waarvan ons gepraat het, maar verder awesome."
"It was a bit disappointing that a lot of the shops were closing at around 16:00 on a Saturday."
"Bo en behalwe die winkels in die dorp, moet die omgewing beter bemark word. Daar is b.v. 'n lekker fietsryroete na Fouriesburg, 'n staproete na die dam in die kloof, die uitlaat van die hoogland waterskema op pad na Bethlehem, kaas en ander plase in die omgewing, ens. Die ronddrentelende bedelende persone voor die winkels en in die strate het my geïrriteer en daar kan gerus 'n plan gemaak word om die atmosfeer 'n bietjie te verbeter deur die hulle te laat verwyder."
"Clarens is 'n pragtige dorpie, maar soos baie ander kleiner dorpe, is die munisipale agteruitgang ook duidelik hier te sien, b.v. al die slaggate in die dorp se hoofstraat."