Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3180 resensies.
"Die Wonder Grot en die Renoster en Leeu Reservaat is 'n definitiewe moet. So 'n halfuur se ry van Pine Valley af."
"'n Plek naby aan die stad en die al die nodige openbare vervoer en belangrike lughawens."
"Daar is 'n paar plekke in die omgewing wat gereeld groot saamtrekke en funksies hou. Dit is uniek en darem so bietjie uit die stad se gejaag uit."
"Pine Valley was perfect for us as we stay in Centurion and it was ONLY a 25 min drive to Pine Valley. Perfect for a short weekend away, without driving for hours on end!"
"Dit is baie lekker om die Groot 5 so naby aan Johannesburg en Pretoria te hê. Daar is genoeg verblyfopsies om elke smaak en sak te pas. Ideale plek vir 'n naweekwegbreek in die bos."
"Daar is nie veel vir 'n toeris om te doen nie behalwe om die winkelsentrums te besoek."
"Het dekades lank op die Wesrand gebly en as jy bereid is om te gaan soek, baie om te doen - veral "The Cradle of Humankind", Ruimsig Botaniese tuine, Leeu park ens ens. Daar is ook baie lekker winkelsentrums op die Wesrand met alles wat jy aan kan dink."
"Nuwe opgradering is goed. In- en uitgang bly maar 'n pyn, vooraf kaartjies help. Die toegangsbrug is 'n bottelnek na en van die binnekant van baan. Hulle kan kyk na 'n "duikweg" addisioneel. Dit bly 'n lekker venue vir enige "petrolhead". Vanaf 1973 was ek gereeld daar en die "memories" is baie en goed. Ek's dankbaar 'n man soos Toby Venter het beheer gevat en ons kan sien die kwaliteit is al reeds baie beter en is Kyalami weer die #1 renbaan in SA."
"Het nie baie tyd gehad om werklik die siel van die dorp te ervaar nie. Ons het die nabygeleë Suikerbosrand natuurreservaat besoek en was teleurgesteld met die opvallende agteruitgang daarvan. As Sewende-dag Adventis was die besoek aan Sedaven 'n opbouende geestelike ervaring."
"Ek geniet Lynnwood. Dis skoon en die verkeer word goed beheer. Alles voel naby, winkelsentrums, restaurante en oor die algemeen blyk die mense vriendelik te wees."
"Fantastiese area met soveel oulike plekkies in die omgewing om te besoek en nie eers ver van beide Pta of Jhb af nie."
"Parkview is 'n rustige woonbuurt baie naby aan die Wits-kampus en dus baie geskik vir my doel, want dit is nie nodig om op die M1 te gaan om by by Wits uit te kom nie. Dit is ook sentraal genoeg vir toeriste."
"Waverley self is nie 'n toeristebestemming nie maar dit is wel so geleë dat dit binne afstand is van baie plekke om te besoek. Die vlooimark by Kollonade. Die China Mall. Dit is ook naby Menlyn Shopping Centre en baie ander Malls om vir die dag uit te gaan. Dit is ook so geleë dat hospitale ens. bereik kan word. Ons was ook uit vir die dag na Hartebeespoortdam. Dit is gerieflik en sentraal geleë."