Geverifieerde Resensie
Gordon's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gordon's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 423 resensies.
"My enigste groot kritiek was hoe die mense oor die naweek reg voor ons op die strand sonder skaamte die strand en bosse as toilette gebruik het - broeke was afgetrek in volle aanskou van ons almal op die stoep en hulle het 'n helse gemors gelos met toiletpapier en tissues orals langs die plaveisel en strand. Die plaaslike mense sal die probleem moet hanteer - wanneer ons teruggaan sal ons seker maak dat ons nie oor 'n naweek by die huis bly nie, maar eerder " site seeing " gaan doen. Die dorp is baie goed onderhou en skoon met baie goeie eet plekke en goeie winkels . Mense stap tot laat in die aand na en van die eetplekke ."
"Een wonderlike plekkie met alles wat jy nodig het om jou vakansie 'n wonderlike ervaring te maak: veilige strande, genoeg parkering, goeie winkels naby en vermaak op sy beste."
"Pragtige plek, naby Somerset-Wes, ensovoorts. The Thirsty Oyster restaurant is 'n moet net oor die straat!"
"Wat Gordonsbaai ook baie aantreklik maak is die feit dat hy baie sentraal geleë is van 'n verskeidenheid bestemmings."
"Gordonsbaai is baie skoon en netjies en dit is baie veilig. Die polisie en verkeersafdeling is baie proaktief en sigbaar."
"Gordonsbaai is 'n skoon en 'n natuurlike plek. Die mense is baie vriendelik. Die dorp is ook baie skoon en pragtig."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Lekker swemstrand en het heerlik vis geëet by plaaslike plekkies."
"Nie sleg nie, net baie besig die tyd van die jaar en winderig, maar so het elke plek sy dinge."
"Ek sal definitief Gordonsbaai weer as 'n vakansie by die see oorweeg. As die wind nie waai nie is dit heerlik en die lang strande perfek. "