Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

ISimangaliso Wetland Park

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in ISimangaliso Wetland Park bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 853 resensies.

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Villa Mia 7

"'n Fantastiese plek vir voëlkykers."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Villa Mia 11 St Lucia

"Absoluut 'n moet vir voëlkykers. Ons het 205 soorte spesies gekry. Cape Vidal-besoeke is asemrowend. St Lucia is ons Suid-Afrikaners se trots. Riviertoere is 'n moet vir vakansiegangers."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Flamboyant 10

"Heerlik in St Lucia. Sal baie beslis vir my vriende en familie aanbeveel."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Manzini Chalets

"Ongelooflike bestemming. Sal nog baie 'n draai hier kom maak."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"Skoon dorp met asemrowende natuurskoon. iSimangaliso Natuurreservaat is 'n moet-sien op die agenda."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

53 The Bridge

"St Lucia is 'n baie lekker en mooi dorpie. Daar is baie om te doen. Lekker vakansiebestemming. Cape Videl is 'n baie mooi en lekker strand."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Forest Lodge

"Dit was baie lekker om daar te kuier. Die mense is almal baie vriendelik."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"A very enjoyable destination. The town itself could look a bit smarter but the Isimangiliso Reserve experience was world class. "

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

20 Villa Mia

"Vir enige natuurliefhebber is hierdie 'n moet. Die voetslaanpaaie deur die oewerwoud bied gulde toegang tot voëls en klein soogdiere. Geen gevaarlike diere is bespeur nie, al is mens heeltyd op die uitkyk. Jammer oor die toe riviermond wat die hele ekosisteem verander het tot nadeel van die natuurlewe. "

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

The South Sea's Safari Co

"Verskeie blokkades in St Lucia na al 3 strande asook Cape Vidal om drank te konfiskeer. Maar steeds was daar talle mense met drank op die strande asook drank in die parkeer areas by die 3 strande. Motors met harde musiek by strande bietjie die rustigheid versteur maar als in als St Lucia puik bestemming."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"Klein vakansie dorpie met 'n vriendelike gees van die inwoners. Uitstappies om van te kies en te keur asook 'n kaasfabriek, skoenlapper koepel, bootvaarte en veilige strand en natuurreservaat 30 km vanaf St Lucia. Sal weer terug gaan."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Budget Tented Village @ Urban Glamping

"Ek het St. Lucia besoek as kind omtrent 2 keer 'n jaar vir 9 jaar lank, en na 18 jaar stel St Lucia steeds nie teleur nie. Dit bly 'n pragtige plek met vriendelike inwoners en die natuur word beskerm, wat na aan my hart lê. St. Lucia sal altyd my vakansie dorp bly. 'n Bietjie bos, 'n bietjie see, wat meer wil jy hê?"

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

St.Lucia Holiday Apartments

"Meer as genoeg om te doen al vang jy nie vis nie. Cape Vidal en al die ander besienswaardighede is steeds naby genoeg om enige persoon se vakansie propvol te maak. Baie veilige en rustige omgewing, waar jy sonder vrees kan gaan stap."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Flamingo Holiday Apartments

"Pragtige plek, 'n moet om te besoek, baie om te doen."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Forest Lodge

"My vrou het dit baie geniet en my kind het mal gegaan oor die seekoeie en krokodille."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"Sy Lucia is 'n puik bestemming. Ons sal verseker weer daarheen gaan."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Shonalanga Lodge

"A great place to go to have all the Big Five and the iSimangaliso Heritage Park so close to each other."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Budget Tented Village @ Urban Glamping

"Die luiperde kan jy sien in die straat op pad huis toe en seekoeie. Die seekoeie is soos straatwagte en daarom is baie plekke na 19:00 toe. Beste straat wagte ooit."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Manzini Chalets

"Gevaarlike spoedhobbels op pad daarnatoe. Almal is nie geverf soos vereis word deur die wet nie."

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Oppi Rotse

"'n Netjies dorpie en omgewing met baie potensiaal wat onderbenut word deur plaaslike owerheid. Die oorbeklemtoning van "geen alkohol" is frustrerend want die strande is steeds vol bottels en gemors en werkers lewer oneffektiewe diens. Beskikbaarheid van info oor wat waar gedoen kan word is gebrekkig en teenstrydig, en veral watse lisensies en permitte word benodig en waarvoor. As 'n permit benodig word, dan moet dit beskikbaar wees by die kantoor op die grond en nie 30 km verder nie, bv. hengellisensies word nie uitgereik by Cape Vidal nie maar by poskantoor op St Lucia nie!"

St. Lucia-riviermonding, ISimangaliso Wetland Park

Villa Mia 11 St Lucia

"It would be better if there was Wi-Fi and DSTV."

Blad
Blad 23 - Wys 661 tot 690
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem