Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Pragtige Karoo-dorpie met opregte Karoo-vriendelikheid wat 'n mens net in die Karoo teëkom. Mooi omgewing."
"Wens ons kan 'n bus vat en klomp mense daar gaan aflaai om 'n verskil te maak en nuwe lewe en besigheid in die dorpie in te blaas. So hartseer om te sien hoe al ons klein dorpies leegloop."
"Het nooit geweet in so 'n klein dorpie is daar so baie om te sien nie en 2 dae is net te kort, sal definitief weer kom besoek."
"Dit is en bly 'n gerieflike halfwegstasie vir reisigers vanuit Gauteng."
"Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend."
"Die dorpie en die dam is die moeite werd om 'n draai voor te ry en daar te oornag oppad tussen die Kaap en Gauteng. "
"Wat 'n verrassing! Gewoonlik ry ons verby en slaap elders oor. Pragtige Karoodorp met interessante geboue en vriendelike mense. Winkels het als wat die reisiger nodig het om voorraad aan te vul en ook genoeg plekke om die honger te stil."
"Was laatmiddag toe ons daar aangekom het, maar die natuurskoonheid met die berge rondom was pragtig. Na 'n reis van die verre Noord-Kaap tot hier en die baie reën was die wêreld wonderlik om te aanskou. Sou baie graag meer wou sien, definitief volgende keer."
"Mooi dorp met baie geskiedenis. Was jammerte dat die 1ste kruising bemors was maar die res van die dorp was skoon. Kerke en ou geboue lyk of dit nog in stand gehou word. Die monumente kort aandag. "
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "
"Pragtige dorpie vol interessanthede en uitstekende restaurante. Besoekers moet ten minste twee nagte oorbly. En moenie die Swartbergpas oorslaan nie. Dis pragtig en moenie dat die smal grondpad jou afsit nie."
"Ons het nie deur Carnarvon gery nie maar wel deur Loxton. Laasgenoemde is 'n baie oulike dorpie. G'n wonder dis genomineer as Noord-Kaap se dorp van die jaar nie. My ster-toekenning bo is vir die streek en nie vir Carnarvon nie. Ons vorige minder goeie ervaring van Carnarvon het ons laat besluit om eerder deur Loxton te ry."
"Hopetown we found to be a peaceful place for an overnight stay, would not spend any lengthy period of time there."
"Bring goeie kamera. Klein vliegveld naby. Ons het klomp vlieëniers ontmoet, gawe mense."
"Die dorpie is baie mooi, maar dis baie koud. Gerieflike vulstasie en wonderlike diens by Spur. "
"Colesberg bly steeds een van die aangenaamste klein dorpies om oor te bly vir 'n dag of twee."
"Prins Albert was nog altyd op my lys van plekke om te besoek en ek is nie teleurgestel nie. Die dorp is netjies en dit het my dadelik opgeval. Julle berge is asemrowend en die wyn baie lekker. Ons het Fernskloof besoek en lekker gesels met die eienaar en wynmaker. Ook die feit dat mens daar veilig voel was 'n groot pluspunt, veral vir ons stedelinge."