Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorpie. Die aandete by Vileira was 'n fees. Page House bly 'n wenner."
"Aberdeen is 'n klein dorpie wat 'n heel aangename plekkie is om te rus en om die lang pad Kaap toe 'n bietjie te onderbreek."
"Klaarstroom is behoorlik 'n "one horse town", maar voorwaar 'n besoek werd."
"Die karoo is bekoorlik mooi! Vriendelike mense en baie goeie paaie (beter as Gauteng)!"
"The town is simply beautiful. We travelled through quite a few small Karoo towns and this one really epitomises the ideal. Quiet, relaxing and simple. The drive in and out were lovely and one really feels like you have left the rest of the world behind as you descend into the sleepy little valley. The locals were friendly and the restaurant we ate at (Karoo Lamb) was excellent. One night simply was not enough and I will definitely suggest a full weekend at least. One thing to note, of the three restaurants we enquired at, only the Karoo Lamb was licensed (with a lovely little pub round back). If you are planning on having a drink with your meal, it seems the unlicensed venues let you bring your own."
"Daar is so baie uitstappies en geleenthede om te ontdek in en om Graaff-Reinett. Well worth it om 'n paar dae in die omgewing te spandeer."
"Stop by die Karoo Lodge en eet iets. Drink 'n glas wyn en groet die vriendelike wit kat."
"Baie mooi dorp met baie besienswaardigehede. Wonderlikke Karoo-lam by die slaghuise beskikbaar. Karoo Nasionale Park is ook net 'n klipgooi ver."
"Ietwat afgeleë, maar platteland op sy eie met sy eie bekoorlikheid. 'n Vars verandering vir 'n stadsjapie vir 'n oorslaap."
"Wat 'n veilige en rustige bestemming met die oulikste en heerlikste snuffel- en kuierplekkies. 'n Moet om te besoek."