Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.
"Ai as ek darem maar 'n ou stukkie grond daar gehad het, sou ek darem maar lekker daar kon bly!"
"Baie lekker bosveld atmosfeer. Huise so geplaas dat jy nie bure maklik kan sien of hoor nie. Naby Krugerwildtuin. Uitstekend."
"You can take walks around the area and view the non Big 5 wildlife that reside in this area."
"Beeldskone deel van SA. 'n Plek om op trots te wees!"
"Marloth Park voel vir my soos hemel op aarde. Ek is 'n buitelug mens en die omgewing in Marloth is absoluut fantasies! "
"Jammer oor die Rooibokkies wat uitgeskiet word. Ek hou glad nie daarvan dat dit tussen die vakansiegangers gedoen word nie. My familie het nie baie veilig daarmee gevoel nie. Dink dis onvanpas om te skiet waar kinders in die omtrek is. Stem glad nie saam nie."
"Marloth is 'n fantastiese ervaring, 'n stukkie hemel op aarde met die diere wat om jou is. Die mense wat daar woon en werk is almal ook vriendelik wat die ervaring baie lekker maak. My enigste bekommernis is oor die diere wat nou verwyder word en die vlakvarke wat geskiet word, gaan hulle nog diere oorlos in die park want as hulle alles gaan verwyder sal Marloth definitief sy aantrekking verloor!"
"Wonderlike plek. Groot verskeidenheid van diere. Ongelukkig net verskriklik baie mense wat daar rondloop deur die dag wat duidelik nie daar woon nie. Ashoop ook 'n sleg oog."