Geverifieerde Resensie

Marloth Park

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1901 resensies.

Marlothpark

Njala Lodge

"Die toegangroetes het baie verbeter asook die in-park fasiliteite."

Marlothpark

Wildsbokkie Holiday Home

"Marloth Park is baie lekker. Moet wel sê dat as 'n mens vir dagbesoeke by die Krugerwildtuin wil ingaan, dit baie besig kan raak en mens kan lank by die hek wag voor jy inkom. Ons het vooruit bespreek om in te gaan as dagbesoekers, maar mense wat nie het nie moes baie lank wag. As jy elke dag wil gaan wild soek, bespreek eerder direk in. Ons bure het hout in die veld gaan haal een aand en 'n ander aand sommer met 'n kettingsaag 'n boom afgesny. Het dit aangemeld by Marloth se bestuur wat toe niks daaraan gedoen het nie. Was bietjie suur daaroor. Verder baie lekker. "

Marlothpark

Royale Marlothi Safari Lodge

"It is such a nice place to have a quiet yet exciting weekend away. Just wish there were still animals coming close to people. I think all the building activity and new houses have scared them off from coming near any residential areas. "

Marlothpark

Foxy Crocodile Bush Lodge and Kruger Safari's

"Van die lekkerste bosvakansieplekke in die land! Beste waarde vir geld!"

Marlothpark

Imbube Safari Lodge

"Lekker plek en die wild wat mens daar sien is fantasties. "

Marlothpark

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Baie lekker, sien baie diere. Ons het dit vreeslik geniet!"

Marlothpark

Kudu Lodge

"Die wild al langs die rivier het dit ekstra spesiaal gemaak - vir die dae wat ons nie wildtuin toe is nie het ons baie wild gesien. Die olifante het tot naby die draad gekom. In Marloth Park self het ons nie wild naby die huis gehad nie, maar soos ons heen en weer gery het baie kudu's, volstruise en kameelperde gekry."

Marlothpark

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Lieflike staparea al langs die riviergrens!"

Marlothpark

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Ek gaan self 'n erf koop in Marloth! Dit spreek boekdele!"

Marlothpark

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Lekker naby aan die Kruger en mens kry die "bos" gevoel asof mens sommer in die Kruger bly. Restaurant en winkeltjies is gerieflik en alles wat mens nodig het."

Marlothpark

Royale Marlothi Safari Lodge

"Marloth Park is goeie plek om te bly."

Marlothpark

3875 Eagle

"Baie lekker."

Marlothpark

2694 Swartwitpens

"Perfect if you want to relax in nature. Beware of monkeys."

Marlothpark

Debrico's AmaBush Lodge

"Na die onlangse reen is die veld en wildslewe in uitstekende kondisie. Rustige atmosfeer sonder geraas en bewegende voertuie na donker maak dit n wonderlike moet ervaar vakansie gebied. "

Marlothpark

Vuurvliegie en Sonbesie

"Baie rustig met alles wat nodig is. Die wild lyk gesond en is mak, mens kan alles van naby besigtig. Die sekuriteit was baie behulpsaam."

Marlothpark

South Post at Kruger

"Die ligging is perfek veral langs die Krokodilrivier. Definitief 'n fantastiese ervaring."

Marlothpark

Njala Lodge

"Marloth Park is a very nice place."

Marlothpark

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Marloth is an excellent location to Kruger. Some of the roads were in a poor condition due to the recent heavy rains but overall a lovely place to spend a holiday. "

Marlothpark

Lidvubu Lodge

"Marloth Park is wonderful. We had a good time. Went to Kruger with "Chase in Africa". Went to Slide Spa for a neck and back massage. We had our 30 year wedding vows renewed at Phumula - the staff and food were great. My husband lost his wallet and it was handed in at Daisy's Den. Thank heavens for such honest people. They all go out of their way to help. Its a pity we could not go into the lion park, you have to go to the municipality to by tickets?"

Marlothpark

KrugerRiverVillas-Lionsgate

"Marloth as 'n geheel kan opgeknap word."

Marlothpark

Big Tuskers Bush Camp

"Wat meer wil jy hê as om in die oggend uit te gaan en diere om jou te sien. Vriendelike mense by die winkels wat so lekker gesels en die rustigheid van die natuur. Jy het niks meer nodig nie. "

Marlothpark

Doringpoort: Kameeldoring 1645 Self-catering Moddervis

"Marloth Park word sterk aanbeveel. Dit bied oulike verblyfopsies en dit is waarde vir geld. Daar is diere wat vry rondbeweeg onder meer sebras, impalas en meer. Die Krokoldilrivier is maklik bereikbaar en diere soos seekoeie, renosters, leeus en krokodille kan vanaf die oewer gewaar word. Verder is daar 'n klein supermark, petrolstasie en 'n restaurant - alles is beskikbaar en die Krugerwildtuin is ook naby. "

Marlothpark

Vuurvliegie en Sonbesie

"Jabulani Lodge Restaurant is 'n moet - die kos was uitstekend."

Marlothpark

Majuli River House

"Absoluut puik. So lekker gewees met diere ens. Die Jabula Lodge se restaurant is puik."

Marlothpark

Debrico's AmaBush Lodge

"Maybe upgrade the gravel roads. We couldn't go very far in Lionspruit because of the potholes ... and getting into Marloth Park's gravel road is also hard to drive on. Also, it would help to have a place where you can place what animals were spotted as to help people like me who want to find certain animals. "

Marlothpark

Njala Lodge

"Marloth Park is 'n lieflike ligging, met gewenste tariewe. "

Marlothpark

Oribi Cottage

"Ek dink dit is baie mooi, maar die sekuriteit is baie sleg."

Marlothpark

Vuurvliegie en Sonbesie

"Marloth Park is 'n gewilde vakansiebestemming, maar die stigma rondom groeiende kriminele aktiwiteite skep rede vir groot kommer. 'n Mens hoor al hoe meer mense wat oor dié rede ander bestemings verkies."

Marlothpark

Oppidraai

"Marloth Park bly tops."

Blad
Blad 58 - Wys 1711 tot 1740

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang