Geverifieerde Resensie

Kruger National Park South

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2019 resensies.

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

3875 Eagle

"Al wat bietjie gepla het, is die paaie. Paaie is in 'n slegte toestand, maar die natuur maak op daarvoor."

Hazyview-Vakansiedorp, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Safari Bed & Breakfast

"Bekommerd oor veiligheid. Locals wat die sypaadjie as toilette gebruik is walglik."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Baie netjies en groot verskeidenheid wild in die park self als wat jy nodig het is in die park beskikbaar is."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

3875 Eagle

"Kwaliteit van die paaie is nie goed nie. Ontsettend baie beweging van arbeidsmag."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Bosplasie

"We love it and would highly recommend to anyone who loves the bush."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis

"Die paaie kort bietjie aandag. Andersins 'n baie lekker plek om te gaan kuier."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

The Promised Land

"Was very busy, not that is was not expected, due to being locked down for so many months. Hopefully in time, it will calm down the maddening crowds."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Zebra Haven

"Amazing plek vir 'n wegbreeknaweek."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Majuli River House

"Marlothpark was aangenaam met baie diere tussen die huise. As mens langs die rivier is sien mense ander diere soos olifante, seekoeie, luiperds and groot voëls ook."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Marlothi Safari Park

"Baie lekker om so in die natuur te bly anders as die toegespande kampe in die Wildtuin self. Mens kan ook leeus hoor in die aande as jul naby genoeg aan die Kruger Wildtuin se grensdraad bly. Mooi teerpad vir 'n hoofpad in die park. Naby genoeg aan Krokodilbrughek as jy die wildtuin wil besoek."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Serenity Du Bois Lodge

"It is close to the KNP and we saw lion and elephant at the river bed."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Big Tuskers Bush Camp

"Baie rustige Bosveld-omgewing met maklike toegang tot die Kruger Wildtuin."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Bushbaby Lodge

"Het 'n dag saam met Arthur van Southern Kruger Safari die KNP besoek. Beveel Arthur ten volle aan, ken die veld en ken die diere en hulle maniere. Bobaas-dag en -ondervinding gewees. Laai jou by jou akkommodasie op en af, net 'n groot plesier gewees."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Impala Place

"Baie lekker vir iemand wat die natuur wil ervaar."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Wees versigtig daar is wilde diere, roofdier ook. Bly naby jou huisie of braaiplek in die aand, dis vir jou eie veiligheid."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Martys Place

"Marlothpark is one of our favourite places in South Africa."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Zazu Cottage

"Winkels binne Marlothpark is vreeslik duur, dis beter om Komatipoort se winkels te besoek, Die slaghuis in Marlothpark maak vreeslik baie lekker biltong en chilli-souse!"

Nasionale Krugerwildtuin Suid

4332 Soenie Street Hakuna Matata

"Suidelike gedeelte van die wildtuin verseker dat ons die Groot 5 en al die ander net so belangrike diere gereeld kan sien en geniet. Naby Mosambiek en Marloth. Dis alles 'n belewenis, elke keer."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

My Bushhouse (Bayt AlGhaba)

"Goeie area vir wild en roofdiere besigtiging. Sightings op teerpaaie kan frustrerend wees weens te veel voertuie."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Debrico's AmaBush Lodge

"Vandat ek die vorige keer daar was tot nou het die ablusiegeriewe agteruit gegaan, maar weet ook nie of dit as gevolg van die COVID situasie en die drastiese beperking op inkomstes van buitelandse toerisme is nie."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

La Kruger Lifestyle Lodge

"Sal dit vir enigeen aanbeveel wat uit die stad se gejaag wil wegkom en net lekker wil ontspan!"

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Visarend's Roep

"Amazing! Incredible sightings even from the Marloth Park side overlooking the Crocodile River."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

SnL 12 Dwergarend

"A wonderful experience! From Malelane it is very reachable. An ideal spot for visiting Kruger Park with day visits."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Komati River Chalets

"My gunstelingplek in SA. Die suide van die wildtuin het baie diere. Hulle moet net hulle dag besoekerbeleid duidelik kommunikeer. Baie mense weet nie hulle moet vooraf registreer vir 'n plek by die hek nie."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Maphupho Yemali

"Beste plek in die wereld!"

Blad
Blad 41 - Wys 1201 tot 1230

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang