Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.31 uit 5 gekry volgens 2707 resensies.
Dirk B. - 2nd June 2016
staying in Krakeelriver, Oos-Kaap
Pragtige wêreld, rustig en ontspannend!
Melissa B. - 1st June 2016
staying in Joubertina, Oos-Kaap
Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!
Francois B. - 29th May 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Rustige plattelandse dorpie. Ons kon lekker rondstap.
Dawie V. - 28th May 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock is 'n pragtige dorp, met die mooiste ou geboue. Beslis iets om te waardeer.
Pieter R. - 28th May 2016
staying in Aberdeen, Oos-Kaap
Rustig plek en vriendelik dorp. Sal weer kom oornag.
Johan D. - 26th May 2016
staying in Maclear, Oos-Kaap
Pragtige omgewing en van die mooiste bergpasse in SA.
Maurits P. - 25th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ek en my vrou, nadat ons in 'n paar dorpe oorgebly het oor drie weke tydperk, was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Die dorp is netjies en het baie besighede vir jou behoeftes. Dit is 'n pragtige dorp met die mooi ligging. Dit skep net 'n goeie indruk.
Laurie B. - 23rd May 2016
staying in Maclear, Oos-Kaap
Besondere mooi omgewing!
Sandra C. - 21st May 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Oulike plek.
Peter B. - 19th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Lekker geskiedkundig.
Monika L. - 18th May 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
Baie behulpsame en vriendelike "pub" eienaar! Rustig en mooi.
Flora V. - 17th May 2016
staying in Maclear, Oos-Kaap
We cannot comment on Maclear as a tourist destination because we arrived in the evening when it was dark. However, the area we drove through the following morning was quite beautiful and we intend on returning to Maclear soon to explore it further.
Lourens En Elizabeth D. - 15th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend.
Hendrik S. - 13th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Mooi dorp met baie geskiedenis. Was jammerte dat die 1ste kruising bemors was maar die res van die dorp was skoon. Kerke en ou geboue lyk of dit nog in stand gehou word. Die monumente kort aandag.
Koos J. - 11th May 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Die nabygeleë Mountain Zebra Nasionale Park is beslis 'n besoek werd!
Don W. - 9th May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sou graag langer wou gebly het om die dorp nader te kan bekyk.
Karin C. - 9th May 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Vreeslike interessante dorpie met soveel potensiaal.
Sunita H. - 8th May 2016
staying in Addo, Oos-Kaap
Ons was baie verras oor die rustige omgewing en die vriendelike mense.
Eileen D. - 6th May 2016
staying in Lorraine, Oos-Kaap
Baie mooi plek. Rustig. Bietjie ver van alles maar dit was nie moeilik om by plekke uit te kom nie.
Louie V. - 5th May 2016
staying in Grahamstad, Oos-Kaap
Kan lekker koel raak hier - pak maar 'n warm dingetjie in.
Guilio D. - 5th May 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock is great.
Elsabe S. - 5th May 2016
staying in Uitenhage, Oos-Kaap
Omdat ek baie jare op Despatch gebly het en nou net vir 'n troue Uitenhage toe gegaan het, kyk ek met ander oë na die dorp, maar die Oos-Kaap het sy eie bekoring met die pragtige berge (wat mens eers weer oplet as jy as besoeker terugkeer). Die omgewing bied baie vir die toeris, so die dorp is 'n baie gerieflike verblyfplek vir mense wat besienswaardighede gaan besoek en weer die aand wil terugkeer na 'n veilige oornagplek.
Willie H. - 3rd May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Pragtige dorp met al sy besienswaardighede om te geniet.
Marius R. - 3rd May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Mooi skoon dorp. Tien oor sewe die aand was werkers nog besig om strate skoon te maak. Doen so voort.
Desire D. - 3rd May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Mooi skoon dorp met baie om te sien!
Jeff R. - 3rd May 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Lots to see and do.
Izak W. - 2nd May 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Omgewing baie mooi.
Ronel C. - 29th April 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nieu-Bethesda is kos vir die siel. En die mense is almal so ongelooflik vriendelik en goed gemanierd.
Craig L. - 28th April 2016
staying in Grahamstad, Oos-Kaap
Very neat and clean town.
Nico P. - 28th April 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Pragtige Karoo-dorp.
Natalie I. - 28th April 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Dit is 'n vreeslike mooi plek.
Rianda M. - 28th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorp. In die verlede was die kerk saans verlig, en dit was 'n wonderlike attraksie en goed vir fotografie. Ons verstaan dat dit nou moontlik duur is, maar miskien kan die ligte op spesifieke aande vir spesefieke tye aangeskakel word, afhangende van die tyd van die jaar en as dit goed donker is.
Horst B. - 25th April 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
Cannonville is perfectly situated to tour the area. Near to everything, but quiet. The hosts are absolutely fantastic!
Nic V. - 23rd April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Hoogs indrukwekkende dorp. 'n Volwaardige vakansie is nodig om alles to besigtig. Frontiers restaurant is tops!
Una C. - 21st April 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
Dit is naby genoeg aan die Addo Olifantpark en reisgidse is beskikbaar om jou te neem. Dit is dus nie nodig om met jou eie vervoer op die grondpaaie te ry nie.
Rachel D. - 20th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Lovely town.
Louis D. - 20th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Interessant.
Petro J. - 19th April 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Spandeer meer tyd daar om by alles uit te kan kom.
Lizette H. - 19th April 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Verrassend interessant.
Francois L. - 15th April 2016
staying in Seafield, Oos-Kaap
Sal dit beslis aanbeveel aan almal!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za