Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6061 resensies.
"Gansbaai is 'n rustige still dorpie. 'n Heerlike wegbreek plekkie, weg van al die stad se lawaai."
"Perfect place if you simply want to relax, recharge your batteries and live the slow life for a while. "
"Die wind waai baie sterk en die hoofpad waarop meeste huise geleë is, is baie besig. Dit is steeds 'n lekker uitrus plek."
"Die dorp self het nie baie opsies vir uiteet en inkopies nie. Peregrine padstal is wonderlik en sommer op die pad soos jy inkom. "
"'n Goeie naweek wegbreek vir individue uit die stad. Dorp is baie rustig met min lawaai of verkeer. 'n Paar oulike winkels in Harbour rd. Sal definitief weer 'n draai kom maak."
"Die regte bestemming as jy die natuur wil beleef en wegkom van die stad. Ongelooflike mooi see en veilige strand ervaring."
"Daar is wraggies alles wat 'n mens kan wil benodig in daai dorpie."
"Ek dink Villiersdorp is 'n goeie keuse om as basis te dien vanwaar die Overberg en selfs Franschhoek en omgewing verken kan word. Lekker stil en uit die gewoel van plekke soos Hermanus en Franschhoek."
"Die kinders en grootmense het Fairy Sanctuary baie geniet. Daar is baie te sien en besoek in Swellendam. Ons kon nie by alles uitkom nie."
"Very limited choice of restaurants - a coffee shop like at De Kelders would have been nice, but I found it too late! However, the seafood at The Boathouse Restaurant was fresh and excellent! Tourist information office has interesting and informative exhibits and very friendly service."
"Oom Piet se plek is uitstaande in Gansbaai. Als wat nodig is was in Gansbaai."
"Wonderlike wynplase om te besoek, Almenkerk & Paul Wallace. Persoonlike aanslag by Paul Wallace soos lanklaas beleef."
"Uitstekende vakansiebestemming! 'n Verskeidenheid van dinge om te doen en te sien, rustige omgewing."
"Hermanus glo ek spreek vir homself, dis ooglopend aan die voorkoms van die area. "
"'n Pragtige asemrowende plek. Die winkeltjies het sulke pragtige goedjies. Wat my opgeval het, is hoe mooi skoon die hele dorp is. "
"Bettiessbaai is asemrowend mooi. Ons het die uitstappie na die pikkewyne baie geniet. Sal verseker weer 'n draai in Bettiessbaai gaan maak."
"L'Agulhas is 'n pragtige dorpie waar die 2de oudste vuurtoring steeds sy lig laat skyn. Die dorpie het 'n baie gesellige koffiewinkel, Suidpunt Potpourri, waar die mooiste items vir jou huis gekoop kan word. Die natuur lewer geleentheid vir fietsry en stap op die mees Suidelike punt van Afrika."
"Gaan gereeld Hermanus toe, een naweek elke twee maande, maar bly by vriende in Voëlklip en kry nie kans om dorp te verken nie .Sal definitief weer by Windsor gaan bly."