Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6501 resensies.
"Glo nie jy kan sommer mooier kry nie en wat dit so spesiaal maak is dat die honde net so deel van die gemeenskap is, word tot in 'n gedeelte van die restaurant (Milkwood) toegelaat om saam te kuier. Die wandelpad is pragtig, netjies en veilig en ook daar is geen tekort aan die vierpoot gemeenskap, wat dit meer spesiaal maak, nie. Voel regtig baie veilig daar en ook 'n plek waar jy net kan rus in vrede."
"Daar is nie juis 'n dorp nie, maar die omgewing met die gestroopte koring en kanola lande is baie mooi en die golwende huewels soos ons gery het is baie mooi."
"Pragtige klein rustige dorpie. Die lighuis was ons die hoogte punt van ons vakansie daar."
"Oulike dorp waar ons kleintyd vakansie gehou het. Besig oor die naweke en vakansiedae wat seker nie in almal se smaak sal wees nie."
"Die Porter tuin 'n moet om te besoek , aanbeveel deur Phabion by Fijnbos Lodge en Spa."
"Vriendelike mense. Baie lekker geëet by T-junction. Die dorp is net baie klein. Daar's genoeg om jou 'n dag besig te hou maar daarna sal jy na n ander dorp moet ry."
"Some area of Overberg are remote but a great option if you want to stay out of cities."
"Baie mooi dorpie teen 'n pragtige kus. Baie vriendelike en aangename inwoners. Tennis-, rolbaan- en jukskeibane. Baie baby aan ander kusdorpies."
"Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet. "
"Grabouw self is bietjie rof maar naby aan alles. So rondom Grabouw se dorp is daar baie om te doen."
"Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou."
"Oor die algemeen 'n baie rustige en aangename omgewing. Mooi uitsigte op die see en hawegebied. Daar is in Agulhas baie lekker eet- en koffieplekkies, wat ons ongelukkig nie in Struisbaai beproef het nie."