Geverifieerde Resensie
Riebeek-Kasteel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek-Kasteel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 289 resensies.
"Pragtige omgewing wat baie bied om te doen, koop, stap, en te ervaar in die natuur, werklik die moeite werd om in die omgewing te kuier!"
"Eves Etery, la Pirilla and The Alchemist local little pub is highly recommended as a stop by."
"Ek was net vinnig oornag daar vir 'n troue. Het nie regtig tyd gehad om die dorp ten volle te geniet nie. Ek het as enkelvrou baie veilig gevoel en daar is baie oulike plekke wat besoek kan word."
"'n Heerlike dorpie met interessante winkeltjies. Gelukkig het ek die Sondag die dorpie explore, want baie plekkies is Maandae en Dinsdae toe."
"Wat 'n weggesteekte juweeltjie in die Swartland! Pragtige uitsig oor die vallei! Oulike eetplekkies!"
"Ons het die restaurant La Parilla oorkant die Hotel baie geniet. Uitstekende kos, atmosfeer en diens."
"Ons tweede keer daar. Ongelooflik baie om te doen vir so 'n klein dorpie. Baie lekker restaurante en heelwat plase om the besoek vir 'n lekker wyn- of olyfproe."
"Cute small town with loads of culinary delights and little creative nooks to enjoy."
"Dit is 'n pragtige plek. Jy vind rus vir jou siel in hierdie pragtig klein dorpie met asemrowende uitsigte."