Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Bietjie gevaarlike area maar ons het geen probleme ervaar nie. Daar blyk genoegsame sekuriteit by Premiere Gastehuis te wees."
"Don't miss the Golden Gate Park, and we recommend the Brandwag Buttress hike, good exercise and spectacular views."
"Lekkerste kosse. Ons het by 'n paar plekkies gaan eet en dit was regtig so lekker. Die mense is so vriendelik. Soveel winkels om deur te loop. Soveel pret dinge om te doen. Baie mooi kant van die wêreld."
"Dit is 'n jammerte dat daar sigbare agteruitgang in die plattelandse dorpe is. Die winkeltjies in die hoofstraat is pragtig, maar die area langs die rivier is rommel besaai weens die verskillende etniese groepe wat daar piekniek hou en hulle rommel en drankbottels net so los."
"Baie interessant en het die staproetes geniet. Oppas net om dit algeheel te kommersialiseer."
"Nie genoeg ervaring om Bloemfontein as toeristebestemming te beoordeel nie. Ons fotografeer spesifiek skoenlappers en naaldekokers en is dus meer in die natuur geïnteresseerd as in vermaak, inkopies of kultuurbedrywighede."
"Jammer om te sê maar Clarens het sy bekoring verloor. Dit is te bedrywig. Daar is baie eetplekke en die meeste se diens is uiters swak. Die winkels het nog steeds dieselfde as 5 jaar terug. Daar is regtig niks meer besonders aan die dorp nie. Ons was geskok om die mense se taalgebruik te hoor, definitief nie 'n plek om jou kinders heen te vat nie. Clarens was altyd die skilderagtige dorpie met die mooiste kuns, nie meer nie. "
"By dorp se ingang kan parkgras gesny word, slegte oog. Die paaie is baie sleg (potholes), vuil in die dorp en pad wat na Ben Nevis toe loop (hoofpad), baie papiere en vee wat pad kruis na willekeur. Mense sit in die dorp rond vir kwaadgeld. "
"Ek het die kunsgalerye baie geniet. Daar is 2 wat uitstekende kuns uitstal. Dis 'n pragtige skilderagtige dorpie waarin mens ten volle kan ontspan en dit bied goeie restaurante en geriewe. "
"Die dorp is verwaarloos. Ek was met heimwee vervul om al die ou huisies so vervalle te sien. Dit was goeie fotomateriaal! Die ligging aan die hoofpad maak dit ideale oorslaapplek. "