Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Die dorp is verwaarloos. Ek was met heimwee vervul om al die ou huisies so vervalle te sien. Dit was goeie fotomateriaal! Die ligging aan die hoofpad maak dit ideale oorslaapplek. "
"Plattelandse dorpies het hul eie bekoring. Gaan krap en loop rond in al die winkeltjies en omgewing. Soek en jy sal iets vind wat jou laat tiek."
"Baie lekker rondgeloop in Clarens, al die winkeltjies deur van voor tot agter. Baie besig gewees, veral sekere van die eetplekke, maar dit het ons nie afgesit nie."
"Pragtige, rustige dorpie. Van die besighede sluit te vroeg. Sommiges is al 15:00 gesluit. Gewoond in die stad is besigheidsure ten minste tot 17:00."
"Romantiese dorpie met 'n unieke bekoring. Ideaal vir 'n naweek-wegbreek. Die locals is gaaf en vriendelik. Die atmosfeer is awesome!"
"Unfortunately the road signage in Heilbron was rather poor at the time of visit. Had to request directions a few times."
"As jy studente besoek by Kovsies is dit 'n veilige woonbuurt naby dit wat jy benodig."
"Bethlehem is baie sentraal geleë vir besoeke aan die besienswaardighede van die Oos-Vrystaat. Hulle kan egter die roete-inligtingsborde vervang sodat dit duidelik is. "