Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Plattelandse dorpies het hul eie bekoring. Gaan krap en loop rond in al die winkeltjies en omgewing. Soek en jy sal iets vind wat jou laat tiek."
"Baie lekker rondgeloop in Clarens, al die winkeltjies deur van voor tot agter. Baie besig gewees, veral sekere van die eetplekke, maar dit het ons nie afgesit nie."
"Pragtige, rustige dorpie. Van die besighede sluit te vroeg. Sommiges is al 15:00 gesluit. Gewoond in die stad is besigheidsure ten minste tot 17:00."
"Romantiese dorpie met 'n unieke bekoring. Ideaal vir 'n naweek-wegbreek. Die locals is gaaf en vriendelik. Die atmosfeer is awesome!"
"Unfortunately the road signage in Heilbron was rather poor at the time of visit. Had to request directions a few times."
"As jy studente besoek by Kovsies is dit 'n veilige woonbuurt naby dit wat jy benodig."
"Bethlehem is baie sentraal geleë vir besoeke aan die besienswaardighede van die Oos-Vrystaat. Hulle kan egter die roete-inligtingsborde vervang sodat dit duidelik is. "
"Ek het Bethulie omgery Cradock toe met die hoofdoel om my wortels te gaan opsoek. Ek kon nie die penwortels kry nie, maar danksy Trudie Venter, het ek die sywortels en voedingswortels van my familie ontdek. Bethulie, het 'n skatkis van geskiedenis en toerisme-potensiaal. Mense soos Trudie en Sonika dra die sleutels van hierdie skatkis."
"It is an awesome place to be and I'd love to visit again soon. Felt safe and welcome."
"Die munisipaliteit kan aandag skenk aan omgewing. Rommel orals en pad toestand. Algemene skoonmaak in industriële gebied. Straatname nie sigbaar nie, dit bemoeilik jou eindbestemming veral saans te kan bereik. Oor die algemeen is inwoners vriendelik."
"Mal oor die natuurskoon met goed in stand gehoude voetpaadjies oral. Mooi vriendelike mense wat ons oral raak geloop het."
"We wanted to be close to the start and finish venue of the 2018 Music Marathon - Langenhovenpark was ideally located for this purpose."
"Ek en my man is gereelde besoekers aan Parys en bly gewoonlik oornag of vir twee aande. Akkommodasie is oor die algemeen van 'n hoë standaard. Die een ding wat ons opmerk is die agteruitgang van die strate en sekere geboue, bv. die publieke kliniek en die "Independent Electoral Committee" kantore."