Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7972 resensies.
"Alhoewel Trompsburg 'n klein plattelandse dorpie is, is daar baie om te sien in die omgewing as mens bereid is om bietjie rond te ry. Daar is 'n baie lekker restaurant en die mense is gasvry en vriendelik."
"Die munisipale verval is buite die invloed van enige inwoner. Nieteenstaande die verval (soos besoedeling van die rivier) is Parys steeds een van die beste toeriste dorpe in SA. Ons het besonder lekker geëet en gekuier by O'S restaurant."
"It's a little gem of a place nestled in the Free State. Not far from wedding venues such as Makarios and Eventa'vie which are just across the Vaal river around 25-30km out of Bothaville."
"Clarens, met sy gematigde temperatuur is een van die min toeristebestemmings waarheen ons gaan waar die temperatuur meeste van die tyd net reg is, nie te koud nie maar ook nie te warm nie."
"Die instandhouding van die stad moet dringend aandag kry. Naval Hill is beslis nie meer 'n toeristebestemming nie."
"Dis vreeslik lekker en rustig in Parys, maar slegs die straat waar die winkeltjies is, ongelukkig is dit hartseer om te sê dat die strate in haglike toestande is, dis hartseer om te sien dat alles agteruitgaan. Daar was ook geen water op 5 Oktober nie. "
"Baie interessante dorpie. Ons was bly om te sien hoe die mense daar instroom. Beslis die moeite werd om te sien!"
"Eerste keer in Clarens na 20 jaar. Baie oulike dorp met soveel keuses van winkels en restaurante om te besoek. Omgewing se natuurskoon een van sy soort."
"Clarens is very nice and with many entertainment activities, but the lodges are always fully booked."