Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6600 reviews.
"A lovely spot close to Cape Town with a beautiful beach, nice restaurants and good facilities."
"Daar is slegs een kaffee/restaurant wat Maandae en Dinsdae gesluit is. Strand is nie besonders aantreklik nie."
"Dwarskersbos was nog altyd 1 van ons gunstelinge. Rustige, veilige dorpie. ’n Móét besoek plekkie."
"'n Fantastiese Weskus-dorpie. Stil, met pragtige strande en loopareas, en ook 'n baie goeie Spar wat alles het wat mens nodig het."
"Yzerfontein is rustig. So rustig dat daar omtrent net een restaurant oop is tydens af-seisoen, so ek sou nie die avontuurlustige siele aanraai om daarheen te gaan nie. Vir 'n paar dae se afskakel is dit egter perfek. Die strand is pragtig wit en die dorpie is lekker stil."
"Ons kuier baie kere op die Weskus. Dis 'n lekker area om rond te toer met vriendelike mense."
"Geniet die dorp, maar was nie 'n mooi gesig om te sien dat soveel jong mense op die strand alkohol gebruik en harde musiek luister nie. En die paadjie by die jetty het middag drankbaan geraak vir jong kinders waar hulle oop en bloot hulle vergryp het aan drank en dwelms. Dit is nogal 'n afskrikding. Ek dink polisie en leiers van die gemeenskap kan regtig iets doen. Kon sien dat geen Covid-protokol gevolg was vir die dagkamp nie. Maar dit is 'n lekker vriendelike dorpie, so ek dink dit is ietsie klein wat later 'n slegte inpak op die dorp kan maak. So as daar nou aan dit gewerk word, kan dit net beter gaan. Dit is altyd lekker om daarheen te gaan, maar sal hartseer wees as sulke goed maak dat ons ander kuierbestemming moet kies. Sien uit om volgende keer weer daar lekker te kom afpak."
"Absoluut verlief geraak op die plek! Die uitsig is stunning. Soveel lekker goed om te doen in die omgewing. Kaapstad is ook lekker naby."
"Ai, ons sal Paternoster graag ons tuisdorpie wil maak. Hou van die stilte en die natuurlike omgewing."
"'n Mens kom Elandsbaai toe met die doel om te surf. Ongelukkig is die groot huis-paleise besig om die sorgvrye Weskus-karakter van die dorp te steel."
"Wanneer jy wil afpak en ontspan bied Jacobsbaai die beste. Dit is 'n juweel aan die Weskus."
"Baie hartseer oor die effe verval van die Weskusdorpie. By Bird Island het die plastiek saam met heelwat dooie kommorante in die hawe gedryf. Nee man Cape Nature en plaaslike munisipaliteit!"
"Kultuur is uniek en vriendelik. Mens voel so tuis in Strandfontein. Dis skoon, en die dienslewering is 5-ster gehalte."
"Besoek definitief Yzerbru en die bakkery daar langsaan. Beaches is 'n wonderlike restaurant."