Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6819 reviews.
"Omdat ons die Tietiesbaai Jazz-fees bygewoon het, het ons nie veel tyd gehad om te verken nie, maar Paternoster is 'n lieflike kusdorpie met 'n rustige atmosfeer wat stadsjapies soos ons, kon geniet. Die seekos en lieflike restaurante was natuurlik topgehalte."
"As jy op soek is na rus en vrede of om kwaliteit tyd saam jou geliefdes te spandeer, dan is Yzerfontein die moet plek om te besoek. Die strand is een van die mooiste op die Weskus en nie te praat van die gasvryheid van hul inwoners nie."
"Ons besoek aan die einde Februarie is definitief in die af seisoen, maar die wonderlike weer het dit ideaal gemaak. Fryer's Cove is 'n moet, en die strande by die nabye Strandfontein was ook die moeite werd."
"Dit is net een van daardie bestemmings wat alles het. Skoon strande en genoeg in omgewing om te doen."
"Dit was moeilik om toegang tot eetplekke te kry omdat 'n mens nie bewus is dat jy moet bespreek. Die inhoud van die winkels kan opgradeer word. Oor die algemeen is Paternoster 'n mooi vissersdorp vir 'n rustige vakansie. "
"Dis lekker wegbreek van die stedelike gejaag en rumoer. Lekker visvang-area en die pragtigste blou water en wit sand. "
"Isabella's Restaurant en Muisbosskerm kan regtig aanbeveel word. Puik kos en diens."
"Dis so rustig! Jy kan werklik net ontspan en die wonderlikste kos by enige van die verskeie restaurante kry."
"Lambertsbaai is, ek dink, een van ons juweel kusdorpies. Diegene wat nog nie daar was nie moet beslis 'n plan maak en dit gaan besoek. So móét julle ook by Muisbosskerm gaan eet as julle daar is. Die kosse wat daar voorgesit word is van die beste en die kos bly net kom, een bak na die ander. Eet asb net bietjie vir bietjie want daar is soveel disse en geregte wat voorgesit word dat jy later nie meer kan eet nie, maar dit lyk so lekker jy wil net nog en nog he. Puik diens en asemrowende disse na my mening."
"Lovely holiday village everything is close by, walking distance to the beach and restaurants. "